Len Lindeque is terug in Aucklandpark! Sy glimlag is nog net so breed soos altyd en sy "Hallo Baby" weerklink soggens net so gulhartig soos vanouds. En dit bewys dat hy volkome herstel het van sy onlangse en ernstige siekbed. ![]() |
| Februarie 1972 |
Die steke was ook skaars uit toe Len sy beroemde tekenpen nadergesleep het. Eers was dit die vriendelike verpleegsters wat gretig langs sy bed kom poseer het soos hieronder.
En net om te wys dat die operasie en sy siekte nie sy vaardigheid aangetas het nie, plaas ons ook sy pragtekening van drie van ons spotprenttekenaars: Len, George Jacoby en Victor Ivanoff. – Perskorhaan, Februarie 1972.
Klik HIER vir nog Len-stories en sketse.


