Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

18.1.13

Dokter oorsee kyk na my spiere

RIKA VAN GRAAN, eertydse knap rolstoel-misdaadverslaggewer van Die Transvaler, het Maandag in K’rant vertel hoe dit met haar gaan. Klik HIER om dit te lees. In Maart 1973 het sy in Perskorhaan vertel van haar ervarings in Engeland, nadat sy op Perskor se onkoste daarheen is sodat van die beste neuroloë kon vas te stel wat die oorsaak van haar gestremdheid is.

17.1.13

Geluk en twee naamkaartjies besorg my ’n ‘scoop’

PIET EBERSÖHN skryf: ‘n Goeie skeut geluk en twee naamkaartjies het gehelp om my die een werklike "scoop’ te besorg wat my in my koerantdae te beurt geval het – Pretoria se boerebeleg van 29 Januarie 1991.

Die Konserwatiewe Party het destyds soveel stadsrade in Transvaal beheer, dat hulle hul eie vereniging van stadsrade op die been gebring het. Dié se jaarkongres is in die Skilpadsaal op die Pretoriase skouterrein gehou en
Gerhard Burger het my gestuur om te gaan verslag doen.

Terwyl ek tydens ‘n teepouse doelloos buite rondgedrentel het, het my koerantmansoor skielik ‘n gesprek opgevang.

K’rant kry subredakteur

K’rant het nog ‘n aanwins tot sy redaksie gekry.

Stella Niemand (née Fouché) sal voortaan K’rant se subredakteur wees. ‘n Meer geskikte persoon kon K’rant nouliks voor wens. Buiten dat sy meer as ‘n dekade lank joernalis was, was sy voor haar aftrede 15 jaar lank ‘n taalpraktisyn by ‘n groot versekerings- en finansiëledienstemaatskappy. Boonop, sê sy, help sy “met liefde”.

Uitstekend!

Kobie Breedt
PIET ROOS skryf: Moer! Ek moet julle geluk wens met die K'rant. Dis uitstekend, en die eerste ding wat ek soggens lees! Baie dankie vir die werk wat julle insit.

Dis 'n aangrypende storie oor Francois Roux!

Ek het verlede week gehoor Kobie Breedt, nou dominee op Nylstroom, se dogter het 'n breingewas. Sy is 27.

(Kobie was 'n verslaggewer by Die Vaderland in die vroeë 1970's. -- Red.)

16.1.13

"Ek kom amper tot 'n groot val!"

CARÉNÈ BOSHOFF skryf in Perskorhaan van Augustus 1973: Aardetjie tog, maar dit is hoog! Negentig voet bokant die grond. En onder my is daar net 'n dun ysterpyp en bokant die gebrul van 'n motorfiets se masjien.

Dit is hoe ek gevoel het toe ek onlangs gaan vasstel het watter gevare 'n sirkuskunstenaar alles deurmaak. Eintlik moes ek maar net gaan kyk hoe lewe die mense daar in die sirkus, maar toe besluit ek om sommer self te ondervind wat hulle ervaar.

15.1.13

Onvergeetlike Francois ’n kleurryke karakter

HERMAN LE ROUX, gewese assistent- en sportredakteur van Volksblad en later ook van Beeld skryf: Die “Reader’s Digest” het vir baie jare ‘n hoofstuk gewy aan “The most unforgettable character I have met.” Toe my nomadiese vriend, Francois Roux, Junior Springbok-vleuel van 1955 en oud-joernalis van Perskor, in 2008 op 78-jarige ouderdom oorlede is, het ek gedink dit is nogal ‘n raak beskrywing van hom.

14.1.13

Skoonmaker se wantrouestem maak opslae


RIKA VAN GRAAN, vroeër van Die Transvaler en wat uit haar rolstoel een van die land se knapste misdaadverslaggewers was, skryf: Ai, dit is te lekker om van julle te hoor en te lees! Ek het gesien ’n paar oudkollegas wonder oor my.

(Links: foto onlangs van Rika ontvang.  Regs: Rika in Maart 1973.)

11.1.13

"Ek gaan De Klerk fire. Jy moet oorvat"

Dit klink soos ʼn Vegkop-storie, maar te midde van al die destydse woelinge om Willem de Klerk het Marius Jooste eendag besluit hy gaan ʼn sportskrywer as redakteur van Transvaler aanstel. GERHARD BURGER vertel:

Die ou man het nie tyd gemors nie. “Sit!” het hy beveel. En toe ek op een van die kortpoot-stoele gaan sit, sê hy: “Ek gaan Willem de Klerk fire. Ek wil hê jy moet Transvaler oorvat.”

Hallo, my China -- So groet ons mense

Almal van ons het maar ons snaaksighede en gewoontetjies, maar as daar nou iets is wat mens laat glimlag, is dit die manier waarop die mense dagsê.

10.1.13

Tergende teleksraaisel uiteindelik ontrafel

DIRK BENADÉ, perdewedrenredakteur van Die Transvaler van 1977 tot 1987 (hy het Chris Oberholzer opgevolg), skryf: Dit was vroegaand op ‘n Vrydag – vroeg as jy wil begin drink en laat as jy nog nie begin het nie – toe die brandewyn-en-coke-gedagte (die eerste keer daardie bepaalde dag) my by die telekshoof van Beeld, Whitey Odendaal, laat beland het.

Ek ek het g’n benul hoekom ek dié watergat gekies het nie, maar Whitey

Fanie en die “force of (political) logic”

ANDRIES BOTHA skryf: Daar is voorvalle in die politiek wat 'n mens nie ligtelik vergeet nie, veral waar dit aankom op belangrike en vername mense wat grootse dade verrig. Onderstaande storie is altyd met smaak herroep deur Blaar Grobbelaar, 'n onvergelyklike meester van die kleinspraak.

Soos wat die gebruik onder politieke korrespondente was, het ek ook maar so

9.1.13

Papierskeurder in plofbare drukkoker van subkantoor

Aansluitend by die berigte wat die afgelope tyd oor die subkantore van verskillende Perskormedia verskyn het, skryf  WILLIE BUYS:

In my aanvangsjare as kadetjoernalis by die destydse Die Transvaler in die jare sestig was die gebruik dat beginners eers ’n inisiasiedraai gaan maak het in of die koerantbiblioteek (wyle André du Bruyn, Frikkie van der Walt, wyle Chris Beetge en ander het daar begin).

Etienne kruip weg

ETIENNE KRIEL, gewilde joernalis van onder meer Oggendblad, Die Transvaler en Die Vaderland is ‘n maand gelede oorlede. Dié foto van hom kom uit Perskorhaan van Oktober 1974. Dit is geneem toe hy misdaad-verslaggewer by Oggendblad was en kaalhollery gewild in Pretoria was. Etienne wou uit die voorste gestoeltes sy waarnemings doen, nadat een van sy “agente” hom oor die tyd en plek ingelig het.

8.1.13

Koos Doep trek Arthur Barlow ’n streep

DRIES LE ROUX, gewese subredakteur van Oggendblad, skryf: Na aanleiding van Gerhard Kleijn se bydrae oor die oud-Oggendbladters in K’rant het ek in my geheue gaan delf en op nog ’n klompie name afgekom.

Daar was ook Kobus (“Cat”) Bekker (algemene redaksie), (“Donker”) Daan Eksteen (hofverslaggewer), Willie Jooste (algemene redaksie), Fanus Bothma (hoofsubredakteur), Arthur Barlow (algemene redaksie),

‘n Kersgeskenk ná hanekraai

JAPIE BOSCH skryf: Gee en jy sal ontvang, sê die Grootboek. Dis wat skuins voor Kersfees met my (en K’rant) gebeur het.

Die storie loop só: ek het ‘n versameling van 43 Hanekraaie en Perskorhane gehad. Eersgenoemde was die personeelblad van die APB en die ander van Perskor. Met die opruiming van ons huis ‘n paar jaar gelede voor ons verhuising van Johannesburg na Jeffreysbaai het ek ‘n nuwe baas vir hulle gesoek.

7.1.13

Bakgat Jassie se uitverkore boude

JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: Op ’n dag stap oorle' Kitty Vermaak, DV se vroueredaktrise, die subkantoor binne. Haar aankom na my lessenaar is vandag op ‘n ander manier as ander kere. Sy is op ‘n soektog; op ‘n nogal vreemde missie vir ‘n oujongnooi: sexy boude – mans-agterstewe . ‘n “Paar” wat ‘n hunkering in ’n vrou se denkwêreld aan die gang sit…

(Die hunker-stukkie is darem nou nie wat Kitty prontuit gesê het nie.

Piet se mampoer-storie was lekkerrr!

K’rant het vinnige kommentaar oor Piet Ebersöhn se Mampoer-storie gekry:

Anton Goosen, Suid-Afrika se liedjieboer, het laat weet dat hy die foto van hom in die storie onthou. “Baie lekker artikel,” skryf hy.
Linda van Niekerk skryf: Paul Kruger wat vir jare by julle werksaam was, is my oom en dis hoe ek by julle K'rant uitgekom het. Die storie oor die

4.1.13

Julle sal my tent tussen sterre in die Melkweg sien staan


"Wat sal ek van my lewe sê? Dit was regtig vir my sinvol en bevredigend. My beroepe, my gesinne. Al het ek ‘n tendens tot donker emosies in my gehad, was ek tog gelukkig. En baie geseënd ook. Ek het nie gely onder gebrek nie. Ek het boorde vol liefde ontvang.”

Willem de Klerk skryf in sy “Groetebrief” wat by sy begrafnis voorgelees is dat hy “nie anders wou gelewe het nie.”

3.1.13

Die ketel tot my redding - tot redding van die ketel

PIET EBERSöHN skryf:  Die volgende storie gaan nou wel nie oor my ervarings by Perskor nie, maar dis darem sterk mediaverwant.

Toe ek einde Januarie 1979 by Perskor weg is, het ek by die destydse Transvaalse Landbou-unie (TLU) as redakteur/skakelbeampte ingeval.

Op ’n dag kom Hennie Oberholzer, die komiteeklerk belas met die unie se

Bewonderaar het Len-artikel geniet

MARIUS ACKERMANN skryf: Baie dankie vir Andries Botha se lewendige artikel oor Len Lindeque in K'rant. Ek was, en is steeds, 'n bewonderaar van Len se werk. Dit moet bepaald 'n voorreg gewees het om saam met so 'n man te werk.

Van PW Botha gepraat: toe die Vloot se hoofkwartier van Simonstad na Pretoria verskuif, het Len 'n duikboot geteken wat doodluiters dog paraat in die Apiesrivier opvaar.

2.1.13

Moue Opgerol, Hol Ons 2013 in

K’rant sal in 2013 sy eerste bestaansjaar vier. Die nuwe jaar is egter reeds gevul met groot vewagtinge van bydraes van oud-Perskoriane wat baie stories uit herinnering se wei aan die vergetelheid sal ontruk. Wat egter ook, en dit is die bonus, vir baie van ons NUUS sal wees.

K’rant is in vele opsigte uniek:

27.12.12

Gesoek: 'n Aanvallende Dame


Wat was die agtergrond van hierdie advertensie in Dagbreek en Landstem?  Dit is in April 1970 in HANEKRAAI, personeelblad van APB, herdruk.

Dit dien as 'n is 'n herinnering dat K'rant nie gestaak is nie.  Ons rus net 'n bietjie. Ons is Woensdag, 2 Januarie 2013, weer terug.

Maak solank reg vir 'n klomp verrassings. Moet ook nie vergeet om jou eie storie reg te kry en te stuur  nie.  Foto's en al.

24.12.12

Kersgroete 42 jaar gelede

K'rant het Vrydag gesluit en heropen op 2 Januarie 2013, maar kon nie nalaat om eers hierdie skets van LEN LINDEQUE te plaas nie. Dit het in November 1970 in HANEKRAAI, personeelblad van die Afrikaanse Pers Beperk, verskyn. 'n Eksemplaar hiervan het ons pas bereik.

Mooi Kersdag more vir ons lesers.

21.12.12

Alles is NIE Noodwendig Reg of Verkeerd nie



Meegaande is die voorlaaste aflewering van dié reeks.  
Die laaste een verskyn op 4 Januarie 2012.

Vervelige mense sonder skakering was die dood vir hom. Relatiwisme - die erkenning van versoenbare paradokse – het 'n kernrol in sy lewe gespeel. Alles is nie noodwendig reg nie. Alles is nie noodwendig verkeerd nie. 'n Mens koop nie 'n idee op sigwaarde nie, maar haal eers die dele uitmekaar om te sien hoe dit inmekaar gesit is.

Willem de Klerk was in ruime mate die meester van relatiwisme. Paradokse wat skynbare teenstrydighede is. In die proses het hy altyd twee kante van 'n saak raakgesien, albei na waarde geskat, geweeg en dan 'n ewewigtige besluit geneem. Dit het uiteraard tot ongewildheid by verstrakte, sogenaamde “beginselvaste” politici en kerklui gelei.

Die wel en wee van ‘n unieke internetproduk

K’rant gaan van vandag af ook vakansie hou. 

Ons heropen op 2 Januarie 2013. 

Seënwense

K’rant gaan van vandag af ook vakansie hou. Ons heropen op 2 Januarie 2013. Vergun ons dan sommer ook dié geleentheid om almal ‘n geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar toe te wens. Ons bede is dat almal ongedeerd en veilig volgende jaar se K’rant in oënskou sal kan neem.

Alvorens ons gaan uitspan, gee ons ’n oorsig van wat K’rant in die eerste agt maande van sy bestaan ervaar en bereik het. Vir dié wat wonder: hoog gewaardeerde kollega en medestigterslid Andries Botha, was met vakansie toe dié stuk gskryf is.

20.12.12

Uit Estelle se Vaderland-fotoalbum

ESTELLE DE BRUYN, redakteur van Republikein, het nog ‘n slag in die fotoalbum van haar Vaderlandse dae (toe sy nog Oosthuizen was) gaan krap en met nog ‘n klompie juwele vorendag gekom.

Dankie vir die voorreg om hierdie met K'rant te deel. Dit was nou 'n heerlike "trip down memory lane".

Kersgroete van Bloubergstrand af …

Karin Pretorius skryf: Beste Andries (Botha) en Willie (Buys), Is julle nie twee fantastiese ouens om 'n mens na soveel jare te onthou en almal weer heuglik saam te snoer met ‘n lekker-lees en interessante K’rant nie?

Dit is 42 jaar - 'n leeftyd! - sedert ek Die Transvaler in 1971 verlaat het en dis net 'n gesoute joernalis soos jy, Andries, wat ‘n mens per e-pos al die pad tot in Bloubergstrand kan opspoor. Ek woon al die afgelope 15 jaar hier as 'n semi-"uitgetredene" en as 'n eiendomsagent, nadat ek in 1992 'n pakket van die SA Kommunikasiediens (die ou Departement van Inligting) aanvaar het. Ek was hoof van die gaste-afdeling wat min. Pik Botha se oorsese gaste vergesel het op bepaalde programme wat ons vir hulle uitgewerk het.

… en uit België

Jan L. Coetzee skryf: Tempus fugit! Ja, nog 'n jaar het verbygeflits onderweg na 2013! Ek wens julle almal daar in die sonnige suide 'n feestelike Kersseisoen – met nabetragting, besinning en oordenking - veral vir vrede, versoening, en verdraagsaamheid binne die Verlossingsboodskap! Met nuwe moed en oortuiging vir die uitdagings en toekomsverwagtings van 2013.

19.12.12

Earl Martin oorlede

Hendrik Martin skryf: "My pa, EARL MARTIN wat jare lank aan Perskor verbonde was, is Sondagnag op 80-jarige ouderdom in Pretoria aan 'n longinfeksie oorlede. Ek weet dat hy by die Volksblad begin werk het, later was hy onder andere by Die Transvaler/Die Vaderland en die Rooi Rose in Durban en Hoofstad in Pretoria.

Joernaliste met ‘Perswetenskap’? Wat de *&^% is dit?

JOHANN DE JAGER, oud-Hoofstadter skryf: 

Die begin

Die dae toe ek in die joernalistiek begin het, was ‘journalism’ by Rhodes en ‘perswetenskap’ by die destydse Potchefstroomse Universiteit vir CHO – in 1959 begin – erg onder verdenking by gesoute joernaliste van die dag. Hulle het vas geglo dat ʼn joernalis gebore word en NIE geleer kan word nie!

18.12.12

Luilekker-Perskorland se manne spekvet en gesond!

K’rant het die gewese Transvaler-sportjoernalis MICHAEL GREEN ook bekend as die skrywer, RR Ryger, gevra om te laat weet wat van hom geword het en van sy Perskordae te vertel.

Hy skryf: Wanneer het ek vir Die Transvaler gewerk? Iewers in die tagtigs, vermoed ek.

Hier’s Harry (The Horse)

PIETER KRUGER skryf: Na aanleiding van Piet Pitte se vraag waar Harry (The Horse) Lombaard hom bevind:

Harry Lombaard
Harry is 71 jaar oud en steeds met Maryna getroud.

Hy het tot verlede jaar by Sport24 gehelp met redigeerwerk, ens, maar toe word daar kwaai besnoei en siedaar, hy sub nou by Sondag (so twee/drie dae per week) en dis hoekom van hul blaaie taalkundig nie afsteek nie.

17.12.12

Etienne het spore in ander lewens getrap sonder dat hy dit besef


Oud-kollega ETIENNE KRIEL is op 6 Desember in die ouderdom van 66 jaar in Pretoria oorlede. Nadat hy hom as bosbouer bekwaam en ’n tyd lank in dié bedryf gewerk het, het Etienne besluit om joernalis te word en onder meer vir die Perskor-publikasies Oggendblad, Die Vaderland en Die Transvaler gewerk. Hy was ook die redakteur van die gewilde boerekoerant, Die Kouter. Hy was die afgelope 23 jaar die redakteur van die gesaghebbende hengelblad Stywe

Onwrikbaar lojaal, met die lekkerste lag

CARLA VAN DER SPUY, oud-kollega en jare lange vriend, skryf oor Etienne Kriel:

Ek sal Etienne altyd onthou vir –

Die manier waarop hy sy neus gefrommel het as hy so luidrugtig en uitbundig gelag het, vir sy aaneenlopende “unicorn”-wenkbrou en daardie unieke blessie met die klossie hare op die voorkop.

• Die manier waarop Marlene (’n ou universiteitsvriendin van my) in die jare sewentig sy voete onder hom uitgeslaan het toe sy vir my in Pretoria kom kuier het en ons nog by Oggendblad gewerk het.

14.12.12

'n Vrou wil eroties raakgesien word


“As ek aan my baie-naby ouderdom dink (en ek het abnormale angs daarvoor) is die kernding wat my aan die keel gryp die liggaamlike aftakeling. In my geval die verlies van die identiteit van mooi-wees.” Oor die vrou skryf hy: “Haar lippe en oë, swaai van die lyf, reukwater en juwele, is uitlokkend, selfs koketterig. Sy wil eroties raakgesien word, selfs in die kyk van die oë.

13.12.12

Nou is daar ook Piet Pitte!

Eers was daar Piet Pille (Roos), die apteker. Nou is daar ook Piet Pitte. PIET ROODT is deesdae 'n geldskieter of uitlener van kleiner bedrae geld as wat die tradisionele instellings soos banke doen. K’rant het hom gevra om meer van hierdie interessante loopbaan te vertel.

Hy skryf: Ons kliente is almal in die laer inkomsteklas en jy moet jou keer ken om nie deur hulle probleme oorweldig te word nie. En dan het hulle

12.12.12

‘Kiwi’s ryg my derm uit’

GERHARD BURGER skryf: Soos die skrywers van formele briewe sal sê: die storie van Willem de Klerk se worsteling met die blindederm verwys.

Ons sit een jaar in Nieu-Seeland, van links na regs: John du Toit, Herman le Roux, Phil Zaayman en ekke. Die All Blacks kom Suid-Afrika toe en ons kyk hulle deur en skryf oor hul voorbereiding.

11.12.12

'n KGB-spioen slaap in my huis

ANDRIES BOTHA skryf: Die jaar was 1977 toe Aleksei Mjagkof, 'n KGB-kaptein wat na die Weste oorgeloop het, Suid-Afrika as 'n gas van die Vryheidstigting Suider-Afrika, waarvan ek projekdirekteur was, saam met sy Hollandse meisie besoek het. Hulle het 'n paar nagte in my huis in Linden geslaap om van die aandag van 'n paar oorywerige koerantmanne te ontsnap.

10.12.12

’n ‘Mack’ met ‘n Magnum maak amok

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Lotelinge is in die jare 60 opgelei om met FN-gewere te skiet. Jy kon selfs 'n pantservoertuig met 'n Energa-granaat voor aan die geweer uitwis. Maar die meeste van ons was te jonk om as 'n gewone burger 'n vuurwapenlisensie te kry. Dieselfde wet het vir jong polisiemanne gegeld. Hulle is ook opgelei om verskeie vuurwapens te gebruik, maar kon, as ek reg onthou, eers op 18-jarige leeftyd 'n rewolwer of pistool kry. Hulle is wel met 'n knuppel en boeie toegerus.

Knap gedaan, Andries

PEET SIMONIS skryf: Ek verwys na die stories van dr Willem de Klerk se "Opruiming", wat deur Andries Botha verwerk word. Hy verdien ons gelukwense met die stuk werk. Baie dankie. Dis besonders.

Ek lees dit ook met 'n seer hart - dele is werklik meer as treurig - dis tragies. Eina!

'n Mens weet ook nooit wat in kollegas se harte en koppe aangaan nie -- as ons geweet het, sou ons seker meer simpatiek uitgereik het na mekaar.

Baie dankie Andries - knap gedaan!

7.12.12

Makabere, groteske monsters doem op in doodstryd


“Dit maal in my kop dat walg, ellende, verrotting, lyding die uitgemete deel is en dat ek deel daarvan is en dat lewe hel is – groen hel, nie rooi nie. Dis soos 'n gevoel dat ek nou die insig gekry het dat ontbinding die lot is en ekself met die mensheid daarin versmelt,” was een van Willem de Klerk se waarnemings gedurende siekte wat hom letterlik by die dood laat omdraai het.

6.12.12

Etienne Kriel oorlede

Gerhard Kleijn laat weet dat ETIENNE KRIEL, redakteur van Stywe Lyne en jare lange Perskor-staatmaker (Oggendblad en Die Transvaler) vanoggend in die hospitaal oorlede is ná 'n kortstondige siekbed. Nadere besonderhede is nie bekend nie. Die begrafnis is Dinsdag, 11 Desember 2012, om 15:00 uit die NG Kerk Valhalla-Suid, Hugostraat 11, Valhalla, Pretoria.

Onthou om te onthou – veral pen en papier

PIET EBERSOHN skryf: ‘n Joernalis sonder ‘n pen, is soos ‘n soldaat sonder ‘n geweer, het wyle Hennie Kotzé ons dikwels vermaan.

Wel ‘n ongewapende soldaat in die vuurlinie is seker heelwat dieper in die knyp, maar ek kan getuig dat dit erg ongemaklik kan wees om ongewapen ‘n onderhoud te voer.

5.12.12

Hillbrow, die Soho van Johannesburg

PIET ROOS skryf: Daardie dae in 1973, 1974 het ons klompie om en by Hillbrow gewoon. Emmie (Bornmann) Gouws in Smitstraat, Carénè Boshoff naby die toring, Marieta in Argyle en ek in Braamfontein.

Hillbrow was wonderlik. 'n Plek met lewe. Daar kon mens drie-uur in die oggend by die Porterhouse instap vir biefstuk, afgesien van Fontana wat nog nooit sy deure gesluit het nie.

Suzelle laat Gert China toe verlang

GERT COETZEE skryf: Suzelle Fourie se vertellings uit landelike China was eerstens skitterend saamgeflans en tweedens vir my baie besonder, omdat ek my heeltemal kan vereenselwig met die plek en sy magiese bekoring.

My oorspronklike reproduksie is naamlik al 20 maande in China en ongelukkig is die kêrel nie joernalisties ingestel soos die derdegeslag-verslaggewer wat hy as 'n seuntjie oorweeg het om te word nie. (Ek en my pa het hom aanhoudend, in stereo, afgeraai om in ons voetstappe en nering te volg.) Gevolglik is die skrywe en bellery en skypery so skraps van sy kant af dat ek my vrek sit en verknies van verlange.

4.12.12

Rooi Rus trap Rooi Gevaar vas

PHILIP DEETLEFS skryf: Ek sien die legendariese polisieman, alombekend as die Rooi Rus, het die afgelope tyd in K’rant ter sprake gekom.

In my dae was die Rooi Rus die bevelvoerder van die Blitspatrollie. As ‘n mens hulle gebel het, het hulle altyd die telefoon as “Radio” geantwoord.

Die Rooi Rus, brigadier Theuns Swanepoel, se seun of dalk skoonseun, was

3.12.12

Die dag toe Kappie ster-status gekry het

PIETER KRUGER skryf: Marius Kapp het van sy kappie gehou, nes van ons ander sportjoernaliste. Hy was in die vroeë jare tagtig vir 'n jaar of twee die hoof- rugbyskrywer van The Citizen nadat hy eers 'n draai in die Kaap gemaak het.

Verstaan my mooi, ek wil nie vir Kappie oor sy kappies afkraak nie, want die meeste van ons sportjoernaliste was ook alte lief vir enetjies met eisj.

Goudmyntjie op die web ontdek

Arica Fouché skryf oor haar pa Tom Buys wat vroeër jare hoofsubredakteur en toe nuusredakteur van Die Vaderland was. Hy was 'n groot Perskor-staatmaker wat op 'n jong ouderdom aan 'n toe nog ongeneeslike breinsiekte oorlede is voordat hy sy geweldige potensiaal kon verwesenlik. Hy was ook die oudste broer en voorloper van die vyf Buys-broers waaroor 'n storie pas verskyn het.