Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

3.12.12

Goudmyntjie op die web ontdek

Arica Fouché skryf oor haar pa Tom Buys wat vroeër jare hoofsubredakteur en toe nuusredakteur van Die Vaderland was. Hy was 'n groot Perskor-staatmaker wat op 'n jong ouderdom aan 'n toe nog ongeneeslike breinsiekte oorlede is voordat hy sy geweldige potensiaal kon verwesenlik. Hy was ook die oudste broer en voorloper van die vyf Buys-broers waaroor 'n storie pas verskyn het.

Tom Buys
Anica: Ek het so pas die artikel oor die Buys-broers gelees, want net soos my Boeta (Xander), is ek ook ‘n intekenaar op K’rant. Omdat die koerantwese en alles wat joernalistiek is, my nog altyd gefassineer het, was ek so bly oor die goudmyntjie wat ek op die wêreldwye web raak geloop het. Ek is hard aan die skryf aan 'n berig ter ere van my pa se nagedagtenis. (Dié berig sal later geplaas word - Red.) Het ook reeds vir mamsie ‘n uitdruk van die artikel gemaak.

Dit was veral vir my lekker om te gaan loer na almal se foto’s – destyds – toe ek nog ‘n tjokker was. Carénè Boshoff was my absolute rolmodel van wat ‘n vrou en joernalis moet wees. (Carénè was 'n joernalis by Die Vaderland en is deesdae aan Sunday Times verbonde. - Red). Vandaar my ongelooflike belangstelling om ‘n verslaggewer te word – ‘n droom wat bly leef het totdat ek anders oortuig is (maar nou-ja, op 18 doen ‘n mens soms keuses wat nie reggestel kan word nie).