Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

18.12.12

Hier’s Harry (The Horse)

PIETER KRUGER skryf: Na aanleiding van Piet Pitte se vraag waar Harry (The Horse) Lombaard hom bevind:

Harry Lombaard
Harry is 71 jaar oud en steeds met Maryna getroud.

Hy het tot verlede jaar by Sport24 gehelp met redigeerwerk, ens, maar toe word daar kwaai besnoei en siedaar, hy sub nou by Sondag (so twee/drie dae per week) en dis hoekom van hul blaaie taalkundig nie afsteek nie.

(Harry, die mense verlang na jou. Hoe lyk dit met daardie lank beloofde bydrae vir K’rant, asseblief? – Red.)