Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

15.8.12

'n Kubertoer na ou Perskor-landmerke

JAPIE BOSCH skryf:  ‘n Kuberbesoek aan ‘n klompie landmerke uit die dae van Die Vaderland en Die Transvaler in Johannesburg het ‘n paar verrassings opgelewer.

Tussen September 2009 en Februarie 2010 het Google al die stede en amper alle dorpe se strate in Suid-Afrika
gefotografeer. Al die meegaande foto's is van Google Maps gekopieer.  

Heightstraat, Doornfontein, Johannesburg. Dié straat is in Februarie 2010 gefotografeer Toe het Perskor se kenteken nog in al sy glorie op sy ou gebou gepryk. Regs is Vegkop.

Heightstraat 28, Doornfontein in Februarie 2010. Dié "Institute" is, volgens sy webtuiste, 'n onafhanklike skool.

Vegkop se vooransig, gesien uit Heightstraat.

Vegkop, op die hoek van Height- en Beitstraat.

Empireweg-verlenging, Aucklandpark.In Perskor se dae was daar net twee bane.Nou is daar twee bane in elke rigting. Die ou APB-gebou (later Perskor) was iewers links. Die straat wat van links na regs loop, is Barry Hertzog-rylaan. 

Op pad na die Sans Souci -- Napierweg. Net na die brug het 'n mens links gedraai na dié gewilde kuierplek van die koerantmense.

Die ou Sans Souci-hotel. Dié gebou word nou gebruik as 'n deel van die administratiewe kantore van die Milpark-hospitaal. Die hospitaal is links geleë.

Die wit gebou was eens die ou Voortrekkerpers in Jorissenstraat, Braamfontein waar Die Transvaler gehuisves was. Die gebou is intussen aansienlik opgeknap.

Die eerste kantore van Rapport in Stanleyweg, Richmond. (Stanleyweg en Empireweg-verlenging is dieselfde straat.) Dit was eers die Laerskool Richmond wat gesluit het as gevolg van 'n dalende leerlingtal.