![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhrbjQ6C3RMXI7jMPwmtRVO8P8GGPXI5OK4sQpQnlit5czLJ5e_2CkASipKIvruO43DwaUL_Cp8ZPSPv9ReQyFMSmxd8CsaX5rsORp7B3bFNidEK-GI-bol88sINkACFBHQT0QsUzO1ieU/s1600/Philip+Deetlefs.jpg)
Terwyl ek so vir die twee uithangplekke van destyds kyk, besef ek dat Vegkop en die Sans eintlik nooit iets anders was as wat dit nou is nie. Maar net nog twee bra onaansienlike geboue.
Vegkop het van buite nog dieselfde welkome aantrekkingskrag wat dit in die jare 70 en 80 gehad het en dit wil my voorkom asof nog niks van die atmosfeer wat daar hoogty gevier het, die wyk geneem het nie.
Al wat dit van 'n stasietoilet en een van die lekkerste kuierplekke nog onderskei, was dat jy saam met jou kollegas/vriende daar oor 'n paar yskoue biere lekker gesels het! Ek sal more weer by Vegkop 'n vyfster-bier gaan drink as julle mitmaak! As hy nog oop was.