Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

14.5.14

Wees asseblief opdringerig!

Redakteur Philip Deetlefs skryf: Soos ons spook om K'rant elke weeksdag met 'n vars storie die lig te laat sien, het ons ontdek dat die Perskor-mense eintlik woes skugter is.

Hierdie week het ons van die tweede oudkollega die vraag gekry of hulle nie opdringerig raak as hulle te gereeld of meer as een storie op 'n slag instuur vir publikasie nie. Kan jy glo?



Daar is net een ding wat K'rant se voortbestaan sal verseker en dit is om julle bydraes te kry. Vertel vir ons van interessante, snaakse, nare, skrikwekkende en lekker voorvalle wat julle as werknemers van Perskor beleef het – by die werk en buite die werk.

Moet ook nie vergeet om julle stories met foto's uit julle ou fotoalbums te illustreer nie.



Kom ons kyk hoe lank ons K'rant vir almal lekker leesstof kan maak en hou. Ons is mos een groot familie – daar's nie plek vir skugter wees nie!