PHILIP DEETLEFS skryf: In die jare 70 toe André de Bruyn by Die Vaderland was en ek by Die Transvaler, het ons in 'n stadium albei veldmotorfietse gehad en Sondagoggende graag vir die pret in die veldpaadjies rondom Johannesburg gaan rondry.Een Sondag het ons saam met Digby Wesson, skakelman van Honda, in 'n westelike rigting in die voetpaadjies gery toe André se agterwiel skielik pap geword het. Ons blitsige oppomp-goed werk nie op die skeur in sy band nie en rondom ons kan ons net veld sien – niks huise nie.



















