Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

19.6.14

Viool besorg Jacoby werk met die kwas

PIET EBERSOHN skryf: Victor Ivanoff is nie die enigste spotprenttekenaar wat op onkonvenionele wyse by Perskor se voorgangers werk gekry het nie. (Lees “Ivanoff-pêrels vir die 'swyne'.”

Dagbreek se besturende direkteur, mnr Marius Jooste, het die Hongaars-gebore George Jacoby in Rome raakgeloop toe hy en kollegas Willem Schoombee en Otto Schwellnus op ‘n sakebesoek daar was. Jacoby, met sy viool, en ‘n kitaarspeler het eters in ‘n restaurant met hul musiek vergas, en soms ook by die tafels vir hulle gespeel.

Somarie Grey
Die Dagbreeksending het by die bepaalde restaurant gaan eet en is deur sy musiek
bekoor. In ‘n gesprek het hulle ook van sy talent met die kwas verneem.

Hy is in Hongarye en Rome opgelei en ruim ervaring in ‘n aantal Europese lande opgedoen. Die uiteinde was dat hy op 1 Augustus 1957 as spotprenttekenaar by Dagbreek aangesluit het.

Prof Somarie Grey, ondervoorsitter van die Dagbreektrust en dogter van mnr Jooste, het meegaande foto aan K’rant beskikbaar gestel.

Dagbreekpers se grootbaas, Marius Jooste, en sy luitenante Willem Schoombee en 
Otto Schwellnus word in ‘n restaurant in Rome deur George Jacoby, met die viool, en 
sy kitaarspelersmaat vermaak.

‘n Selfportret van George Jacoby in 
“’n Volk staan op uit sy as” toon hom met sy 
onfeilbare begeesteraars: sy sigaret en sy viool 
wat hom so gewild gemaak het op sosiale 
byeenkomste.

Mnre Jooste, Schoombee en Schwellnus saam met Jacoby, sy vrou, Elana, 
en seuntjie, Michau, by die Trevifontein in Rome.