JAPIE BOSCH skryf (byna 44 jaar gelede): Die APB het nou maar eenmaal baie talent in sy midde. Op die derde verdieping in Aucklandpark werk mnr John Dercksen, 'n proefleser, wat nie net as die beste grimeerdeskundige in Suid-Afrika geag word nie, maar as een van die bestes ter wêreld. ![]() |
| Uit: November 1970 |
![]() |
| John Dercksen |
![]() |
| Pieter Hauptfleisch |
Later het 'n Duitse onderneming hom een van die hoofrolle in Diamonds are Dangerous aangebied. Terwyl hulle met die verfilming besig was, het die vrou wat die grimeerwerk behartig, eendag nie opgedaag nie.
Mnr Dercksen het toe self ingespring en die grimering gedoen.
Sy belangstelling het meer in hierdie rigting geneig en ná 'n bietjie ondervinding is mnr Dercksen in 1958 Amerika toe om 'n kursus in grimeerwerk te voltooi.
Ook hier het hy gewys wat in hom steek deur die kursus wat 'n jaar duur, binne drie maande te voltooi.
![]() |
| John Dercksen besig om Marié du Toit te grimeer met die verfilming van Die Kandidaat. |
Daar het sy roem begin. Die filmbase was so beïndruk met sy werk dat hulle hom daar en dan gevra het om all die grimeerwerk vir die fliek te doen.
Buiten rolprentrolle wat hy vertolk het, is mnr Dercksen ook 'n goeie kabaretsanger en neem dikwels deel aan dansvertonings. Hy het ook al 'n keer of wat op die beeldradio in Rhodesië opgetree en die mense gewys hoe hy gesigte verander.
![]() |
| Siegfried Mynhardt |
Sover bekend is hy ook die eerste en enigste wat daarin kon slaag om 'n swart persoon te grimeer. Met die verfilming van Tokoloshe moes hy 'n seun van 19 jaar "verander" in 'n ou man van by die tagtig -- onnodig om te sê dat dit 'n groot sukses was. -- Hanekraai, November 1970.




