Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

17.6.14

Ope Vraag 10: Is die media eerliker vandag of net nie skaam nie?

PHILIP DEETLEFS skryf: Piet Ebersöhn noem nou die dag dat die taalgebruik (en die gebruik van ons taal?) in die hedendaagse media veel te wense laat.

Die jong mense van vandag gebruik allerhande snaakse afkortings om vinnig iets vir 'n maat met sy foon te vertel. Koerante en tydskrifte gebruik nie meer regtig slangetjie- en krulletjie-karakters en die destydse Scope-sterretjies om growwe taal en kaalfoto's te verbloem nie.

Daar is deesdae koerante wat op straat kom met foto's en taalgebruik wat in my dae nie eens by die setters sou verbykom nie.

Is dit omdat ons eerliker is vandag? Is ons net nie meer skaam of bang vir die leser se reaksie nie? Of is dit maar hoe die wêreld waarin ons leef, verander het?

Gert Kotze het my destyds by Die Transvaler geleer ons moet skryf soos ons praat en ná die tyd moet ons net al die f*kke*s doodkrap. Was dit beter t*e as n*u, en hoek*m? Ons h**r graag wat almal te skryf het!