want dit was haar geskenk. Die twee prente hang nog teen my muur.
Ek onthou ook dat daar ‘n bepaalde polisieman, ene Gerhard, Rika veral baie gehelp het. Daar was 'n tyd dat hy haar elke dag tot by haar stoel gebring het. Ek onthou ook hoe sy "haar” Polisiemanne met hamburgers bederf het.
Arina en haar dogter, Narnia, in 1972. |
Maar my storie gaan oor die enkele kroeg wat deel is van 'n baie ou huis wat ook gaste, moeg van die lang rit tussen Johannesburgburg en Kaapstad, huisves.
Ek besoek toe vir die eerste keer dié kroegie wat voorheen 'n perdestal was, kompleet met die balke goed deurgeskuur deur perde. Eenkant staan die een eienaar, Cassie, voor 'n stoof en allegaartjies maak terwyl die ander eienaar agter die kroegtoonbank jolig klante bedien. Die twee is 'n paartjie - al baie jare saam. So begin hy, die kroegman, en ek gesels en raakpunte vind bv. dat ons albei in Johannesburg gewerk het, hy by Brixton as 'n polisieman en ek by Die Transvaler in Aucklandpark. Om 'n lang storie kort te maak: hy is toe die einste spesiale polisieman van Rika – Gerhard!
Ns. Ek geniet K'rant sommer baie. Doe so voort.
(Arina het laat weet dat Len se skets so professioneel gemonteer en geraam is dat sy dit nie wou uithaal om te skandeer nie. Gevolglik het sy foto daarvan geneem. Narnia is nou "Deputy Executive Director of the Democracy, Governance and Service Delivery research programme of the HSRC". Sy was voorheen professor in die regte aan die NMMU. - Red.) .