En as ek so terugkyk na die geskiedenis van my wandelinge is dit onbetwisbaar dat Die Transvaler ’n baie groot rol in die bepaling van my
toekoms gespeel het. Nie alleen omdat ek baie daar geleer het nie, maar ook weens toeval.
”Hoe het dit gekom dat jy Wiel begin het?” Dit is een van die vrae wat nogal baie aan my gestel is toe die tydskrif nog bestaan het. Die antwoord is nogal lank, maar interessant, want ek kan eerlik sê dat alles begin het toe ek as Transvaler-fotograaf ‘n vriendskap begin het met misdaadverslaggewer, Piet Roodt.
Piet Roodt |
’n Tydren ... ? Wat is ’n tydren? Eers toe my koerantman-vriend verduidelik het met woorde soos ”rally”, ens. het ek besef dat dit iets met motorwedrenne te doen het. Iets waarin ek totaal net mooi niks belang gestel het nie. Ek onthou dat ek as hoërskoolseun saam met ’n maat en sy pa-hulle na Kyalami was om te gaan kyk na ’n Grand Prix. Nog nooit was ’n dag weg van die huis so vervelig nie. Die geraas was vir my een te veel. Motorsport het regtig nie vir my saak gemaak nie.
Die ouens in die helikopter het ons langs ’n grondpad afgelaai en beduie van watter rigting die karre sou kom. Net daar naby was ’n skerperige draai. Die buitekant van die draai was die perfekte plek om stelling in te neem. Vanuit hierdie hoek sou ek die motor verskeie kere kon afneem voordat hy sou moes rem vir die draai.
Jan Hettema in 'n Firenza Can Am. |
Dit was natuurlik nie so nie. Toe die stof bedaar, en Jan Hettema se Chev Can-Am ’n kilometer verder dieselfde toertjie by die volgende draai herhaal, het ek besef dat ek pas iets besonders beleef het. Ek het ook besef dat ek nie ’n enkele foto geneem het nie.
Nodeloos om te sê, het ek vir die volgende motor, die Volvo van Jannie Kuun en Kassie Kasselman, aan die binnekant van die draai gaan staan. Ek sal nooit vergeet hoe beïndruk ek was nie. Weer het dit gelyk of die motor heeltemal te vinnig vir die draai was. En terwyl hy totaal sywaarts deur die draai jaag kon ek duidelik sien hoe die bestuurder en die navigator met mekaar praat. Dit was vir my een te veel. Die mense praat doodluiters met mekaar terwyl hulle in ’n kar sit wat lyk of dit besig is om ’n ongeluk te maak!
tydskrif vier keer gewen. Hierdie was een geleentheid. Jannie is in die middel en saam met hom is sy vrou, Maryke, en Johan van Loggenberg. |
Daardie tyd is tydrenne nie juis deur koerante of tydskrifte gedek nie en dit was vir my hartseer dat so ’n opwindende sportsoort deur net die betrokkenes geniet en waardeer kon word. Ek het baie moeite gedoen om my foto’s (en stories) van tydrenne in koerante en motortydskrifte te kry. Ek het nooit betaling gevra of verwag nie. Solank die mense net kon weet van tydrenne en hoe opwindend dit is, was al wat saak gemaak het.
My entoesiasme moes Piet Wapenaar, die destydse uitgewer van die motortydskrif, Die Motor, beïndruk het en in 1976 stel hy my aan as redakteur van sy publikasie.
Die Motor het gou die lieflingtydskrif van tydrenners en hul aanhangers geword. Ongelukkig het die publikasie aan die einde van 1977 toegemaak en behalwe dat ek toe sonder werk was, was daar skielik nie meer ’n Afrikaanse motortydskrif nie.
My aankondiging om alleen ’n nuwe tydskrif te begin, is nie te entoesiasties deur die bedryf en ander doemprofete ontvang nie. En as ek nou weer daaraan terugdink was dit ’n geweldige waagstuk. Dis waarskynlik te danke aan suiwer naïwiteit en ’n groot dosis entoesiasme dat ek ondanks al die teenkanting tóg met die projek voortgegaan het.
Jannie en Maryke, sy vrou. |
Gelukkig was daar ’n oplossing. Ek sou binnekort (April) trou en my spaargeldjies vir dié doel was net mooi genoeg om die drukker tevrede te stel. ’n Hele R4 000!
Die totale koste om daardie eerste uitgawe van Wiel die lig te laat sien was presies R7 740. In daardie jare was dit natuurlik baie geld. As voorbeeld kan ek noem dat ek as redakteur ’n salaris van R600 by Die Motor verdien het, en dit was baie!
Daardie eerste uitgawe, waarvan 12 000 gedruk was, het ’n roering in die mark veroorsaak. Lesers was vol lof vir die varsheid van die inhoud en dit was veral die andersheid van die fotografie en die uitleg wat die tonge los gehad het.
Jannie met 'n uitgawe van Wiel tydens die tydskrif se twintigste bestaansjaar. |
Wiel was op dreef, maar sou binnekort voor ’n krisis te staan kom. Omdat adverteerders oor die algemeen 90 dae geneem het om te betaal, was geld nie inkomend nie en was dit te verstane dat die drukkery nie te gretig was om te druk nie. Die gevolg is dat daar nooit ’n Mei ’78-uitgawe van Wiel verskyn het nie. Hoewel ’n terugslag, het dit nooit verhoed dat Wiel die sukses geword het wat dit uiteindelik was nie.
Daardie vroeë dae was moeilik, en ek en my vrou, Maryke, was vier jaar lank die enigste voltydse redaksielede voordat oorlede Johann van Loggerenberg in 1982 by ons aangesluit het.
En nou is Wiel “geskiedenis”. Ná daardie eerste uitgawe in Maart 1978 het ek die publikasie teen die einde van 1989 aan Times Media verkoop, maar het in ‘n bestuurshoedanigheid betrokke gebly tot einde 1995. Die eienaarskap van Wiel het ‘n paar keer verwissel voordat dit vir die laaste keer in Februarie 2011 deur RamsayMedia uitgegee is. Die leeftyd was presies 33 jaar.
En toe kom Leisure Wheels…