haar pad na Mej. Heelal 1978 help oopkap. Hier is sy storie.
Volgende jaar sal dit vyftig jaar wees sedert ek by Die Landstem onder Piet Beukes se redakteurskap begin werk het. Daarna Dagbreek en Sondagnuus, Dagbreek en Landstem, Rapport en toe Media 24 Tydskrifte. Dit voel soos gister: Van die eerste hartoorplanting; Verwoerd tot by Mandela; die lansering van die ruimte-pendeltuig; veertien mej. Suid-Afrika-wenners, ‘n Mej. Heelal (Magaret Gardiner 1978, ( foto aangeheg, dans ek en sy in ’n straat in St Louis in Amerika); asook ’n tweede plek in Mej. Heelal (Leticia Snyman 1984); met talle reise oorsee na die Mej. Wêreld- en die Mej. Heelal-kompetisies oor die wêreld heen, met baie aangename herinneringe aan honderde mooi meisies.
Bernard Jordaan en Margaret Gardiner. |
Beranrd se koffietafelboek. |
Verder neem ek foto's in die Overberg van alles en nog wat. Op die oomblik werk ek aan ’n fotoboek oor al die stories agter die foto’s. Dit is meestal humor, soos byvoorbeeld die storie van prof. Chris Barnard (berig en foto verder aan).Daar is ook ’n interessante een-uit-'n- miljoen-kans-storie van my en die baie bekende joernalis Gielie de Kock (berig verder aan).
Nog ’n interessante foto (bo) is een wat ek in 1972 by die Mej. Wêreld-wedstryd in Londen geneem het. 'n Week voor die wedstryd het ek vyf meisies uit die sowat tagtig meisies gekies as my gunstelinge. Die eerste, tweede en derde plek is aan van die meisies toegeken: Belinda Green, heel links van Australië het gewen.
Hulle sê ‘n fotograaf raak nooit oud nie, hy raak net uit fokus. Gelukkig is die kameras deesdae darem outofokus.
In 1984 is Bernard gekies om die prys as Mej. Fotogenies aan dié meisie te oorhandig by die Mej. Heelal wedstryd in Miami in Amerika. Dit was by die kroningsplegtigheid voor miljoene televisiekykers. |
Bernard op 'n boot saam met die mooiste meisies in die wêreld tydens die Mej. Heelal-kompetisie in 1984. |
Anneline Kriel |
Michelle McClean |
Margaret Gardiner |
KLIK HIER VIR NOG FOTO'S VAN BERNARD
'n Een-uit-'n-miljoen-kans-storie
Ons het gereeld in die Landstem-dae vir ‘n week op ‘n slag in die platteland gaan stories soek. (Die ons is nou Bernard en die vermaarde joernalis Gielie de Kock, wat ook ‘n bekroonde verslaggewer was – Red.) Dié slag ter sprake was dit in die rigting van Touwsrivier. Ná ’n week van kuier saam met Gielie se pêlle in die Boland het ons omgedraai Kaap toe, sonder enige stories.
Toe ons by Maitland op die N1-hoofpad kom, stel Gielie voor dat ons op die Kaapse vlakte ’n storie moet gaan soek, ons kan nie sonder ’n storie op kantoor aankom nie. Dit was in die tyd dat hulle die ou stasie in die stad afgebreek het. Die redenasie was toe dat daar ’n storie moet wees by die ou Jood wat die skrootwerf in die omgewing besit het. Daar is ons ook toe sonder ’n storie weg. Nou begin die ys baie glad raak want ons moet terug.
Toe ons Claremont deur ry, op pad stad toe, sien Gielie ’n hondesalon, toe wil hy ’n storie gaan doen oor hoe hulle honde was. Dit afgehandel met mooi foto’s van als wat leef en beef en blaf, sluip ons die kantoor binne. Ons was skaars daar toe die redakteur, Piet Beukes, ons name die gang af gil. Nou het ons probleme, want wat gaan ons lewer?
Daar staan ons op aandag voor die redakteur se lessenaar. Hy sê ons moet alles los waarmee ons besig is, die storie van die jaar het gebreek. Ons moet ons haas na ‘n hondesalon in Claremont – dit is blykbaar ’n kommunistenes wat onthul is.
Gielie en ek, baie selfvoldaan: “Mnr. Beukes, dit is wat ek en Bernard die laaste paar dae aan gewerk het, ons het al die foto’s van mens en hond.”
Beukes: “Briljant manne , briljant.”
Ons stap by die kantoor uit en kyk vir mekaar en sê: “Jis!” En Gielie op sy ou manier, klap sy tande opmekaar.
Prof. Chris Barnard gee my die naweek vry
Dit was in die tyd van hartoorplantings. Elke naweek was ons op bystanddiens, want die tweede hart gaan oorgeplant word. As gevolg daarvan was my Hermanus-naweke baie afgeskeep.
Só het my geduldige wag een Vrydagaand opgeraak. Teen dié tyd het ek prof. Chris Barnard, beroemde hartpionier, al goed geken, want ek het destyds sy dogter Deirdre, ’n Springbok-waterskiër, se ski-foto’s geneem terwyl Pappa die boot bestuur het.
'n Ongewone foto van prof Chris Barnard. |
Hy sê toe: ”Bernard jy kan maar lekker gaan naweek hou, ek belowe jou daar word nie dié naweek harte oorgeplant nie.”
En ‘n verligte ek: “Professor, baie dankie en hou ’n lekker naweek” en ek is daar weg.