NIC VAN OUDTSHOORN skryf: Ek geniet K’rant baie hier in Australië. Kan enige leser my asseblief inlig oor die datum van Hoofstad se eerste uitgawe? As ek reg onthou, het John Vorster die amptelike opening waargeneem.
Dankie by voorbaat.
(Nic, stuur vir ons foto van jouself, asseblief. -- Red.)
23.1.18
Dot Kruger oorlede
KOOS BOTHA skryf: Dot Kruger is Saterdagaand in die ouderdom van 84 jaar oorlede in haar huis in die aftreedorp, Darrenwood Village, Johannesburg.Ná meer as 'n halfdosyn kankeroperasies en feitlik nege jaar se deurlopende chemo-behandeling het die chemo haar gestel afgetakel en onder meer haar gebeente bros gemaak. Sy het drie erge beenbreuke in die afgelope twee jaar beleef.
11.1.18
Norman van Blackie oorlede
![]() |
| Norman Chandler |
Norman het op Kersdag flou geword van bloeding op die brein.
Medici het hom gister breindood verklaar waarna al die organe wat bruikbaar was vir oorplanting geoes is. Daarna is die masjien wat Norman lewend gehou het, afgeskakel.
4.1.18
Tubby du Preez oorlede
![]() |
| Tubby du Preez. Foto: Netwerk24. |
Onderstaande het Dinsdagoggend op Radio Pretoria se Facebook-blad verskyn:
Dit is met leedwese dat Pretoria FM moet aankondig dat ons kollega, Ettiene du Preez, gisteraand in die ouderdom van 64 jaar oorlede is.
23.11.17
Komkommers bring die bobbejaan uit die berg
PHILIP DEETLEFS, K'rant se redakteur, skryf: Soos elke jaar is dit omtrent nou dat komkommertyd behoorlik aanbreek. Komkommertyd wanneer koerante en ander media dikwels stories dra wat deur “kenners” bevestig is, maar so ver soos Paasnaweek van die waarheid af is.Gerugte versprei met ons selfone deesdae soos ‘n veldbrand en ons het hier in Namibië verlede week al besef dis komkommertyd toe die stories oor die radio, TV en in die koerante dik geloop het van Grace Mugabe wat dalk in haar geboortedorp, Benoni wegkruip of dat sy politieke asiel in Namibië gevind het en reeds in Windhoek is.
30.10.17
Never a dull moment
TOBIE MOSTERT, voormalige sportskrywer van Die Vaderland en Rapport, skryf: Die Springbokke het Saterdag 30 September in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein Suid-Afrika trots gemaak deur darem gelykop teen die Wallabies te speel - maar daar was 'n vreemde atmosfeer in die Vrystaatse hoofstad.SA joernalistiek en -sport het een van sy grootste seuns daardie dag verloor: Joe Venter (83).
27.10.17
Joe Venter was joernalis van staal
PIETER KRUGER skryf: Dit was 36 jaar gelede toe ek Joe Venter die eerste keer ontmoet het, in die mediatent op die laaste dag van Sun City Classic-gholftoernooi - die voorloper van die Nedbank-uitdaagtoernooi.Leendert Pieterse, Die Vaderland se destydse sportredakteur, het twee nat-agter-die-ore-joernaliste, ek en Tobie Mostert, een Vrydagoggend net ná saktyd versoek om die Saterdag na Sun City deur te ry om te gaan kyk “hoe daar in die veld” verslag oor sport gedoen word.
6.10.17
Legendes is handvol, nie landvol nie
PIET EBERSÖHN skryf: My WAT en HAT is nog iewers ingepak, maar met wat ek gegoogleloer kry, kom `n legende min of meer neer op `n verhaal waarvan die wortels in die historiese werklikheid berus, maar wat in die volksoorlewering dalk ietwat oordryf word.Oorspronklik was dit die verhale van heiliges wat in die kerk oorvertel is, en op letterkundge gebied gryp dit steeds hierna en na die mitologie terug.
`n Legende kan ook iemand wees wat sulke verhale inspireer.
Toemaar, ek wil nie `n lesing oor die woord “legende” gee nie.
3.10.17
Legendariese en alomgeliefde Joe Venter was sport se vriend
Gary Player het bewoë geraak toe hy later bel om te verneem na die welstand van “my groot vriend Joe” wat hy kort tevore op dié se siektebed spesiaal gaan besoek het in Bloemfontein. Toe Frik du Preez Saterdag van Joe Venter, veteraanjoernalis, se afsterwe verneem, was hy verslae, skryf Gert Coetzee “Ons het ’n grote verloor,” het hy gesê oor die man met wie hy sedert 1962 ’n sportvriendskap gedeel het.
Ook die oud-Springbokflank André Venter van Bloemfontein het per SMS sy medelye met “oom Joe” se mense betuig.
13.9.17
Des Erasmus (deel 2 van 2): Die kuber-kommunikasie dien slegs as “teasers”
Soms is hy weggeroep wanneer hulle saam op pad na ‘n lekker plek was. Daar was tog verstaan, sê hy “hoewel klein seuntjies en ‘n meisietjie se vingertjies soms deur die ogiesdraad van die voorhekkie gedruk was waar hulle staan en wag het”.
12.9.17
Des Erasmus (deel 1 van 2): Die joernalistiek was ‘n nering, nie 'n betrekking
As ‘n boorling van die Kaapse Middellande was Des Erasmus se eerste kennismaking met stories van tannie Miemsie van Deventer van ‘n buurplaas.
30.6.17
Jan van Vreden oorlede
![]() |
| Jan van Vreden |
Jan het jare lank as joernalis vir Perskor gewerk. Hy was onder meer hoofredakteur van Hoofstad, Transvaler en Die Noord-Transvaler.
Hy is op Laersdrif naby Marble Hall gebore en het op Groblersdal skoolgegaan. Jan het ‘n groot bydrae tot die Afrikaanse mediabedryf in Suid-Afriika gelewer. Hy was in militêre kringe bekend vir sy uitsonderlike dekking van verskeie weermagoperasies.
16.6.17
K’rant scoop Rapport en homself
PHILIP DEETLEFS skryf: Vier en ‘n half jaar gelede toe K’rant ses maande oud was, het Jean Oosthuizen vir ons ‘n heerlike storie oor PG du Plessis (nou wyle) geskryf. Ná PG se dood nou die dag soek ons hier by K’rant naarstiglik na iemand wat vir ons iets uit ‘n Perskor-hoek oor PG kan skryf.Op Facebook sien ons toevallig Jean Oosthuizen se treffende storie oor PG wat 100% in die Perskor-ruimte pas. Rapport het dit oor die naweek gepuliseer, maar K’rant wil dit vir die rekord en toekomstige verwysing plaas.
14.6.17
Dankie, jy het ons nooit gedrop nie
JEAN OOSTHUIZEN se huldeblyk aan PG du Plessis wat op 11 Junie 2017 in Rapport Weekliks verskyn het met onder meer die brief wat hy vir sy redaksie geskryf het toe hy weg is as redakteur van Hoofstad.Jean skryf: Die meeste mense sal PG du Plessis waarskynlik onthou as dramaturg, skrywer, storieverteller en televisiepersoonlikheid van formaat.
Oor sy bydrae tot die letterkunde, die toneelwêreld en as akademikus is daar meer as genoeg bekwame mense wat daaroor kan skryf.
Ek onthou hom as my heel eerste koerantredakteur by die destydse middagblad Hoofstad in waar hy my as jong, nat-agter-die-ore joernalis aangestel het.
13.6.17
Willem Knoetze oorlede
WILLEM KNOETZE, oudjoernalis van Die Vaderland, Die Transvaler en Noord-Transvaler Metro, is onlangs oorlede, het Piet Ebersöhn ‘n rukkie terug laat weet. K’rant het vergeefs meer besonderhede probeer kry. Is daar kollegas wat kan help?Willem was 77 en 57 jaar lank ‘n joernalis.
‘n Vorige berig oor hom is HIER.
16.5.17
Van plaaswerf tot paleis
MAUREEN (Heyl) SWART skryf: 'n Mens is nooit te oud om te leer nie, het ek opnuut besef nadat ek Japie Bosch se artikel, Perskor was g'n in Aucklandpark (klik HIER), gelees het.Hy skryf dat die ou Perskor-gebou in Braamfontein-werf geleë was, en nie in Aucklandpark nie. Dit het ek nooit besef nie, ten spyte daarvan dat ek 23 jaar lank in Aucklandpark gewoon het! Ek het sommer dadelik met nuwe oë na die padkaart gekyk.
24.4.17
Ken iemand hom?
4.4.17
Die Transvaler se Jakkie Groenewald debuteer in Kopskoot
RENSKE JACOBS skryf: Kopskoot deur die Kaapse sielkundige, Gerda Kriel, het die Jong Skrywersafdeling van RSG en Sanlam se Radiodrama-skryfkompetisie vir 2016 gewen. RSG se eerste Radioteaterseisoen vir 2017 open Donderdagaand 6 April om 20:00 met hierdie sielkundige riller. Kriel is ook bekend vir haar aangrypende radiodrama, Swanesang, met die pragvertolking deur Wilna Snyman en wat deur RSG uitgesaai is nadat dit ook die Jong Skrywersafdeling in 2014 gewen het.
29.3.17
Fooitjie word toe 'n fortuin
PEET SIMONIS skryf: Ek betaal my vrou Esther elke maand n bedraggie sodat sy die 'faailieng' kan doen en papiere weggooi wat nutteloos lyk. Maar sy is baie besig met ander goed en so het dit gebeur dat sy nooit die aandelesertifikaat wat APB vir my uitgereik het, snippermandjie toe gestuur het nie.Dit was vir een honderd aandele van vyftig sent elk. Totaal R50.
Ek dink alle personeel van die destydse APB het so ‘n afskeidsgeskenkie by oom Marius gekry wanneer hulle weg is by die pers – ek ná iets soos twaalf jaar.
Laat mens nogal dink aan die krismishoendertjie van destyds.
27.3.17
Die Franse Konneksie
HANLIE (Swanepoel) VORNBERG skryf: Ek het al gewonder of die K´rant-redaksie nie wil toelaat dat ons dan en wan ´n storie skryf wat nie spesifiek met die ou dae by Perskor te doen het nie. Ek dink veral aan die skatkis (die room sypel deur die splete) joernaliste wat daar rondsit en oud word en miskien tog die behoefte het om weer die pen op te lig sonder om in die verlede rond te delf. Soos vanmôre toe my Africana-boeke uit die Kaap aankom en ek lees oor die Franse wat die Kaap in die jare 1781 tot 1783 beset het om die Ou Kasteel teen die Engelse te beskerm. Ek sweer ek het hierdie deel van die geskiedenis verslaap!
Teken in op:
Opmerkings (Atom)



