Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

30.6.17

Jan van Vreden oorlede

Jan van Vreden
JOHAN VAN ZYL van Pretoria FM het laat weet dat Jan van Vreden, ‘n bekende in joernalistieke kringe, Woensdagoggend (28 Junie 2017) in die ouderdom van 83 jaar aan hartversaking oorlede is.

Jan het jare lank as joernalis vir Perskor gewerk. Hy was onder meer hoofredakteur van  Hoofstad, Transvaler en Die Noord-Transvaler.

Hy is op Laersdrif naby Marble Hall gebore en het op Groblersdal skoolgegaan. Jan het ‘n  groot bydrae tot die Afrikaanse mediabedryf in Suid-Afriika gelewer. Hy was in militêre kringe bekend vir sy uitsonderlike dekking van verskeie weermagoperasies.

Jan laat sy vrou, Onia, en twee seuns, Jan en Johan agter.

Jan van Vreden jr verskaf die volgende inligting: my pa het in die Drie Riviere Aftree-oord op Vereeniging gewoon. 'n Roudiens word op Maandag 3 Julie om 11:00 gehou by die NG Moedergemeente Drie Riviere op die hoek van Bashee- en Umtatastraat. My ma.se selnommer is 072-599-4216.