30.7.14
Woonstelmaats na 40 jaar weer bymekaar
GERT VAN ROOYEN skryf: Ná byna vier dekades is die drie woonstelmaats weer verenig! Ja, dit was voorwaar ʼn reünie in die kleine toe Joe van Buuren (links), Alwyn Strydom (regs) en Gert van Rooyen mekaar by die Perskor-reünie op 31 Maart raakloop. Dit was in die middel jare sewentig toe dié drie besluit het om ʼn woonstel in Bordeaux, Randburg, te betrek. Die woonstelblok was reg langs die Braamfonteinspruit, waar die laaste episodes van die befaamde Transvaler-produksies se Don Spaghetti- en Don Ravioli-film geskiet is, en die drie was natuurlik ook karakters in die film! Later het Danie Malan (wat toe net van Australië af teruggekeer het) ingetrek en mettertyd nog een of twee ander mense so deur die loop van die jaar! Maar, dit was lekker ou dae en aande, waar tequilas met suurlemoen en sout weggesluk is en ‘n hele paar samekomste (tot die ergenis van die ander inwoners) naby Dittonlaan 10, Aucklandpark gehou is.
25.7.14
Moordlyste en dodelike draaie
FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Ek het Le Roux Terblanche in Die Vaderland se gange leer ken toe hy lesers onder die skuilnaam Karwats oor die land se vinnigste perde ingelig het. Volgens Essie se skrywe het hy Le Roux se donker kant by The Citizen leer ken toe hy op sy moordlys beland en 'n vriendskap onherstelbaar verbrokkel het.Jare gelede het ek by Die Vaderland 'n geleentheid gekry om my platsaksalaris as motorredakteur met gratis motorritte aan te vul. Ek kon tussen verskillende modelle kies en het elke week 'n motor met 'n vol tenk petrol kry om te toets.
21.7.14
Italiaanse Tshipise fnuik die sentrale
HANS LOMBARD skryf: In April 1974 was ‘n groep van ons op pad na Salisbury (Harare). Ons besluit om ‘n aand op Tshipise, iewers tussen Louis Trichardt en Messina, in Noord-Transvaal, oor te bly. Uit verskeie oorde het ons verneem dat dit so ‘n wonderlike uitspanplek is.Om 13:30 op ‘n Saterdag bel ek die sentrale van my woonstel af in Johannesburg en bespreek die oproep na Tshipise nommer 4 om plek te bespreek. Die meisie by die sentrale vra hoe dit gespel word.
16.7.14
Bang prokureurs sorg vir lekker naweek in die buiteland
PIET ROOS skryf: Rondom 1976 kom ek die storie te hore dat Suid-Afrikaanse prokureurs gaan registreer in Lesotho. Dit het hulle outomaties toelating gegee in die Statebond en kon hulle sodoende maklik landuit en in Engeland of Australië gaan werk.Ek vertel dit vir die nuusredakteur en hy sê nou hoe gaan jy die storie kry?
Ek sê ek kan dit nie kry nie, maar my vriend, 'n prokureur, sal saam gaan en hy ken die wette en hy sal die storie kan losmaak.
14.7.14
Möller Dippenaar oorlede
Möller Dippenaar, voormalige politieke korrespondent van Hoofstad, is Woensdag, 2 Julie 2014, aan ‘n hartaanval in die Eugene Marais-hospitaal, Pretoria oorlede. Hy was 72.
Die begrafnis was verlede week.
Möller wat gesond- en fiksheidbewus was, laat sy vrou, Christine, en twee dogters agter.
Die begrafnis was verlede week.
Möller wat gesond- en fiksheidbewus was, laat sy vrou, Christine, en twee dogters agter.
4.7.14
Niks is vir altyd nie
Ons verskyn nog, net nie meer elke dag nie.
Daar is net soveel gewese oud-Perskor-kollegas (wat ongelukkig elke jaar ook nog al hoe minder word) en net soveel stories wat ons uit ons vaer wordende geheues kan loskrap.
Dit beteken dat K'rant uiteindelik nie meer stories sal kry om te publiseer nie want die stories en die skrywers van die stories het opgeraak. (Hopelik hou die skrywers die langste!)
Alles het 'n begin en 'n einde. K'rant het bietjie meer as twee jaar gelede begin en vir die grootste deel van hierdie tyd elke werksdag van die week 'n vars storie gepubliseer. Ons het besef dat dit nie volhoubaar is nie.
Ons statistiek wys reeds dat die bydrae-tempo begin afneem en ons het begrip daarvoor.
Die hartseer gevolg daarvan is dat K'rant voortaan nie meer elke dag met 'n vars storie vorendag sal kan kom nie want daar is eenvoudig nie meer vyf nuwe stories wat elke week inkom nie.
Ons wil sterk aanbeveel dat enige leser wat graag wil weet wanneer K'rant 'n vars storie het, moet inteken om van die storie kennis te kry. Die alternatief is om elke dag by K'rant in te loer en self te kyk.
Hierdie aankondiging is nie die einde van K'rant nie, maar wel die einde van K'rant soos dit die afgelope byna twee jaar daagliks met vars stories die lig gesien het.
Vir enige oudkollega wat lus voel om met ons enige van jou werksherinneringe by Perskor te deel, stuur vir ons jou storie!
Om vorentoe van vars stories kennis te kry, moet jy net op K'rant inteken deur jou epos-adres te voorsien in blokkie met die opskrif "Teken in op K'rant" regs bo.
3.7.14
My NP-plakker op ‘n SAP-tante se motor
JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: Ek was as koerantman ‘n vurige Nasionale Party-man en het met groot passie en opgewondenheid deel gevorm van die verslagspan wat in die ou dae verkiesings gedek het in en om Port Elizabeth. Toe was dit Sap teen Nat.Die optelsommetjie van die destydse politiek was dikwels: Sap + Nat = BLOED. Halwe(hartige) houe slaan was nie op die spyskaart nie.
2.7.14
Mammie tik beampte terwyl Karin swem
KARIN PRETORIUS skryf: Wat was pa en ma nie trots op hul 13-jarige langbeenmeisiekind wat die skole-byeenkoms in Durban vir 55-treemeisiesvryslag 0-14 gewen het nie en daarmee in 1958 haar junior Noord-Transvaal-kleure vir swem verwerf het! Die pragtige donkerblou sakwapen met die rooi disablommetjie was tog almal se trots.Maar, die Oos-Transvaalse beampte wat voor ma op die paviljoen in die bloedige Durban-son gesit het, het nie dieselfde sentiment gedeel nie.
1.7.14
Lita leer van dissipline by Transvaler
LITA KOTZÉ vertel hoe haar pad in die joernalistiek gekronkel het: Met ‘n onvoltooide onderwysgraad het ek in 1981 in die joernalistiek beland. Ek het ná universiteit by my ouers op Randfontein gewoon en werk gesoek.Op ‘n dag loop ek in die hoofstraat, sien die bordjie van die Randfontein Herald, steek my kop by die deur in en vra vir die ontvangsdame of hulle nie werk het nie.
30.6.14
Geisja-danseres maak amok op NG Kerkraad
HANS LOMBARD skryf: Ná my besoek aan Japan in 1959 het ek ‘n boek geskryf oor my ervarings, “Straalvlug na die Ooste.” Dit is deur Nasionale Pers uitgegee.‘n Resensie van die boek deur Frans Esterhuysen het op 6 Januarie 1962 in die Evening Post, ‘n koerant in Port Elizabeth, verskyn onder die opskrif: “Afrikaner liked Japan and its women.” (Leef Frans Esterhuysen nog? Ek het hom nooit ontmoet nie - Hans.)
27.6.14
Die Valiant kom terug
FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Perskor het só baie publikasies gehad dat die manne in die fabriek groot geld met oortydwerk verdien het. Die meeste van hulle het soggens ingeklok en laat saans huis toe gegaan. Een van die baie voormanne, Rudie Mioch, het een aand gespog dat hy teen Woensdag reeds sy weeklikse kwota ure gevul het en op Donderdag soos hy dit gestel het op tyd en ‘n half gegaan het. As hy dan nog naweke gewerk het, was dit volgens hom dubbeltyd.26.6.14
Om die storie te veroorsaak
PHILIP DEETLEFS skryf: Die Goudstadse Onderwyskollege was in die jare sewentig net om die draai van Perskor in Auckland Park en baie naby Brixton. Die polisie se blitspatrollie-eenheid met brigadier Theuns Swanepoel (die Rooi Rus) aan die roer van sake was ook in Brixton.Ek weet nie of Buks Pietersen of (klein) Dana Niehaus hierdie storie nog kan (of wil) onthou nie, maar destyds toe ek misdaadverslaggewer by Die Transvaler was, was Buks misdaadverslaggewer by Rapport.
25.6.14
Geskiedkundige Persfoto’s opgediep
SOMARIE GREY, dogter van Perskor se oprigter, Marius Jooste, het ‘n versameling kosbare geskiedkundige foto’s uit die verlede van Die Afrikaanse Pers Beperk (APB), Die APB (1962) en Perskor tot K’rant se beskikking gestel. Ons spring weg met twee foto’s wat die geboorte van die Pretoriase middagblad Hoofstad herdenk en ‘n ietsie oor die stigting van die blad.Goudstad en Hoofstad vat mekaar se hande
24.6.14
APB-man is een van wêreld se beste filmgrimeerders
JAPIE BOSCH skryf (byna 44 jaar gelede): Die APB het nou maar eenmaal baie talent in sy midde. Op die derde verdieping in Aucklandpark werk mnr John Dercksen, 'n proefleser, wat nie net as die beste grimeerdeskundige in Suid-Afrika geag word nie, maar as een van die bestes ter wêreld. ![]() |
| Uit: November 1970 |
23.6.14
Prof Chris wag met breë glimlag vir sy storie!
JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: Vroeg in 1982 moes ek as landboujoernalis ‘n artikel gaan skryf oor oorle prof Chris Barnard, meer beroemd vir sy hart-pionierswerk, maar toe skielik ook stoetboer met Simmentaler-beeste.“Hy’t ‘n plaas gekoop daar naby Sedgefield in die Suid-Kaap en het groot planne met ‘n Simmentaler-stoetery. Gaan kry die storie vir ons,” kom die opdrag van die redakteur uit die Kaap.
20.6.14
Pannekoek en piesangs prikkel die lagspiere
KARIN PRETORIUS skryf: Na aanleiding van die Ope Vraag oor snaakse onderhoude het ek twee baie snaakse ervaringe gehad wat my nou byval. Eerste 'n onderhoud met Tobie Cronjé wat op 26 April 1978 in Rooi Rose verskyn het.Die reën het neergesif op Pretoria se blink teerpaaie en ek was op pad na Tobie Cronjé vir ’n onderhoud vir Rooi Rose. Wat nuut kon ek oor die bekroonde akteur skryf wat nog nie gesê is nie en watter invalshoek kon ek gebruik, het ek gewonder?
19.6.14
Viool besorg Jacoby werk met die kwas
PIET EBERSOHN skryf: Victor Ivanoff is nie die enigste spotprenttekenaar wat op onkonvenionele wyse by Perskor se voorgangers werk gekry het nie. (Lees “Ivanoff-pêrels vir die 'swyne'.”Dagbreek se besturende direkteur, mnr Marius Jooste, het die Hongaars-gebore George Jacoby in Rome raakgeloop toe hy en kollegas Willem Schoombee en Otto Schwellnus op ‘n sakebesoek daar was. Jacoby, met sy viool, en ‘n kitaarspeler het eters in ‘n restaurant met hul musiek vergas, en soms ook by die tafels vir hulle gespeel.
18.6.14
Die vetste hond in Indië
17.6.14
Kunsredakteur nael 100 tree in 10.2s
![]() |
| Hooffoto: Thijs Nel, die atleet, in 1958. Inlas: Thijs Nel, die kunstenaar, in 2014. |
(K’rant sal graag foto’s van oudkollegas se sportprestasies wil ontvang. – Red.)
Ope Vraag 10: Is die media eerliker vandag of net nie skaam nie?
PHILIP DEETLEFS skryf: Piet Ebersöhn noem nou die dag dat die taalgebruik (en die gebruik van ons taal?) in die hedendaagse media veel te wense laat.Die jong mense van vandag gebruik allerhande snaakse afkortings om vinnig iets vir 'n maat met sy foon te vertel. Koerante en tydskrifte gebruik nie meer regtig slangetjie- en krulletjie-karakters en die destydse Scope-sterretjies om growwe taal en kaalfoto's te verbloem nie.
Teken in op:
Opmerkings (Atom)



