Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

2.10.14

Piet betaal sy weddenskap na 40 jaar

PIET ROOS skryf: In Maart 1973 het ek die grootmens-wêreld van die joernalistiek betree.

Dit was die wonderlikse plek waar dinge gebeur het. Ons het elkeen 'n tikmasjien gehad, in ons hokkies gesit en stories op "seksie"-papier getik en die blaaie met kopspelde aanmekaar vasgesteek.

Toe ek meer as dertig jaar later op Upington by Douglas Jones kuier, trek hy 'n skryfblok nader en teken die hokke.

So vul ons elkeen in waar hy gesit het. Emmie Gouws, Marieta Cillie, Japie Bosch, Buks Pietersen, Joe Loretz en in die hoofgang na die nuustafel, Bienkie Wessels en oorkant haar Evert van Niekerk in sy toesluithok.

Ek en Douggie praat oor elkeen.

Bienkie het 'n weddenskap gemaak met my, sê sy. Ek onthou sy het plegtig die "kontrak" uitgeskryf en teen die muur van haar hok vasgeplak. In die middel skryf sy in duimgrootte letters 100 PIPERS en nou. Nou ná 40 jaar word ek daaraan herinner.

Piet betaal sy skuld aan Bienkie.
Na 40 jaar moet 'n mens jou skuld betaal en ek gaan soek 'n bottel van die Skotse water in 'n mooi boks met glase by, maar al die apteke waar ek vra, Liquor City, Solly Kramers en Makro ensovoorts sê nee. Dis te vroeg in die jaar. "The gifting comes after October. You wont get a presentation pack."

En so is ek met 'n bottel Skotse vog op pad na Bienkie. Hans Lombard het gereël en as rente vat ek vir haar rose.

Wat 'n wonderlike middag in Parktown-Noord. Dis vroeë somer en Bienkie is nog soos ek haar jare gelede leer ken het, so chic. En ons skuif na La Vie en Rose se tuin en daar drink Bienkie spritzer, wit wyn met sodawater en ek en Hans 'n bier en Hans kry lus vir witwyn van Paul Cluver.

Wat wonderlik is, is dat ons soveel raakpunte het. Noem 'n naam en die storie loop. "Ja onthou jy ... "

Hoe het NP van Wyk Louw nou weer gesê?

"Die jaar word ryp in goue akkerblare ... "