Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

6.10.14

Johan Moolman oorlede

PIETER SCHOOMBEE skryf: Piet Roos vra Vrydag in K'rant wat geword het van Johan Moolman, vroeër sake-joernalis by Die Transvaler. Hy is op 8 Junie verlede jaar aan kanker oorlede nadat hy so 30 jaar lank die eienaar en redakteur was van Cape Business News. Dis steeds 'n suksesvolle sake-koerant in die Kaap.

Ek het Johan in ongeveer 1990 ontmoet toe ek Kaap toe getrek het. Sy dogter Jeannie en my seun Jan was in dieselfde klas in Jan van Riebeeck en ons het goeie vriende geword met hom en Alba. Hul oudste seun, Marcelle, het vandag 'n IT-onderneming, Jeannie is 'n mediese spesialis in die Kaap en die jongste, dr. Lafras Moolman, is 'n chemiese ingenieur.

Johan is op 23 Mei 1947 in Johannesburg gebore. Hy matrikuleer in 1964 aan die Hoër Volkskool in Heidelberg, Transvaal. Na 'n jaar in die Leërgimnasium, studeer hy aan die Potchefstroomse Universiteit, en behaal in 1968 'n BCom.  Hy het as joernalis by 'n aantal van koerante gewerk, waaronder Die Burger, Rapport en Die Transvaler, waar hy die finansiële redakteur was. 

(Pieter Scoombee was joernalis by onder meer Oggendblad en Rapport.-- Red.)