Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

7.10.14

Nardus Nel is baie siek

Nardus Nel
PIET ROOS skryf: Ons goeie vriend Nardus Nel is baie siek.

Hy was destyds 'n fotograaf by Die Vaderland saam met my. Hy het van die Oosterlig gekom, as ek reg onthou, en ons het saam gewerk in Aucklandpark. Nardus het nooit met 'n suur gesig rondgeloop nie, en altyd geglimlag.

Ek het daardie jare 'n kamera by Nardus gekoop, en betaal, Bienkie! Dit was 'n Minolta Autocord.

Maar ... Nardus is 'n diabeet en hy is nou baie siek. Die suiker het hom gepak sodat hy in 'n koma verval het en in die Flora Kiniek in intensief beland het.

Dink aan hom.