Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

9.9.22

Tot geskokte redakteur se redding

DOLFIE SNYMAN, seun van Herman, en ʼn lid van die Metro-redaksie in Pretoria, herinner hom aan 'n keer toe hy tot die redakteur se redding moes kom.

Iets het met die kragtoevoer skeefgeloop en Frans Aucamp het op ʼn manier ʼn skok ontvang wat hom katswink op die vloer neergevel het.

Dolfie was op die toneel en het dadelik alarm gemaak en hulp ontbied.

Frans was genadiglik taai genoeg om gou weer by sy positiewe te wees en hy het sonder letsel van die skok herstel.

Dolfie spog daarmee dat hy steeds 'n foto van die Metro-personeel (redaksie, advertensie-afdeling en administrasie) teen sy kamermuur het en deel ʼn afskrif daarvan met K’rant se lesers.

Die verpoelde oor-die-muur-geheues van diegene op die foto met wie K’rant kon skakel, laat egter leemtes met die uitkenning. Is daar lesers wat daarmee kan help?

 

Agter: Johan Stander, Eric Ströh, Petro Beeslaar, Zelda Venter, Johanna van Eeden, Karin van der Walt, Phina ... (?), Dolfie Snyman, ... , Johan Kruger.

Derde ry: Linda de Nysschen, [...?], [Louis ...?], Jessie Sutherland, Annemarie Liebenberg, [Connie ...?], [...?], [...?], [...?], [...?]

Tweede ry: Johan Venter, Issie Gericke, Paul Furstenburg, [...?], Helene Wentzel, Karin Coetzer, Willem Knoetze, Hannes Cilliers, Wollie Wolmarans.

Voor: Nans Gericke, Cathy Lee, Koos Liebenberg, Frans Aucamp (redakteur), Herman Snyman, Piet Ebersöhn, Lee Furter-Aucamp.