Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

31.1.13

Op 74 wikkel Willem nog met die nuus

WILLEM KNOETZE, oudjoernalis van Die Vaderland, Die Transvaler en Noord-Transvaler Metro, laat weet dat hy sedert April 1960 in die joernalistiek is en steeds nie moeg vir die beroep is nie.

Hy het destyds twee dae ná die sluipmoordaanval op die destydse eerste minister, dr Hendrik Verwoerd, op die Johannesburgse skouterrein by DV begin. Met die sluiting van die koerant het hy by Die Transvaler ingeval, en met dié se heengaan was hy van die begin tot die einde by die Noord-Transvaler Metro (later net Metro), Perskor se gemeenskapskoerant in Pretoria.

Koerantmanne groet Willie Liebenberg

Dié foto het in September 1972 in Perskorhaan onder die opskrif Uit ons Argief verskyn.

Die gewese swaargewig-stoei-kampioen van Suid-Afrika, Willie Liebenberg, het in Februarie 1950 na San Francisco vertrek waar hy aan ‘n wêreldtoernooi deelgeneem het. Om die geleentheid te vier het 'n aanital Johannesburgse koerantmanne op 20 Februarie daardie jaar in die woonstel van wyle Henry Irslinger, toentertydse stoeibaas, byeengekom om Willie die beste toe te wens.

30.1.13

Kopspeldterreur by Die Vaderland

JAPIE BOSCH skryf: In die dae van tikmasjiene was kopspelde volop in Die Vaderland (en ander koerante) se redaksie. Berigte was op “seksies” getik en dié is dan vasgespeld voordat dit vir die nuusredakteur gegee is. (Skuifspelde is gebruik om byskrifte aan foto’s te heg.)

Kopspelde is ook gebruik om berigte uit koerante wat opgevolg moes word, te sny pleks van ‘n hele koerant of twee oopgevou op jou lessenaar te hê.

28.1.13

Meneer met ’n geweer

FRIK VAN DER WALT skryf: Daar was in my groentjiejare byna 'n halfeeu gelede nooit genoeg fotograwe om aan politiek, sport, finansies, algemene redaksie, vroueredaksie en landdros- en hooggeregshof se joernaliste se behoeftes te voldoen nie.

En almal het op die beste fotograwe aangedring omdat 'n goeie foto jou beriggie stukke beter laat lyk.

25.1.13

Springbok Dirk kon toegewyde Don nie afskud

PIETER KRUGER skryf: Ek wonder of die fotograaf Don Bain nog leef?

Ek was nog op hoër skool op Affies toe ek Don die eerste keer langs Loftus Versfeld se kantlyn sien nael het om Frik du Preez, Mannetjies Roux en Mof Myburg-hulle se beeltenis vir die nageslag te bewaar.

Ek weet nie of die storie heeltemal waar is nie, maar Neil Steyn het Don

24.1.13

Bybelprentjie skop ons uit die Volksraad

ANDRIES BOTHA skryf: Kyk, as 'n man kort is en hy’s skraal en as hy boonop 'n bokbaard het en sy bynaam is Bybelprentjie, dan sal hy Christelik-beleefd glimlag, maar daaragter sit 'n outestamentiese wraak van 'n oog vir 'n oog wat jy net tot jou eie nadeel sal tart.

Dit het gegaan oor die (vir ons bloot tegniese) verbreking van 'n spertyd van 'n aankondiging van komende wetgewing wat Die Transvaler

23.1.13

Hermie Hendriks se boeke herdruk

Twee van HERMIE HENDRIKS, oud-redakteur van Die Transvaler en skrywer van speur-spanningsverhale, se boeke is onlangs deur Hartbees-uitgewers van Swellendam herdruk en nog kan volg.

Die eerste twee titels is Vloek van die Heilige Trom en Dodelike Terugkeer.

Hartbees se hoofuitgewer, GERT BASSON, sê die uitgewery gee

22.1.13

Grieselrigheid laat Gerhard opnuut gru

PEET SIMONIS het in die begindae van K’rant se tweede lewe só geskryf oor sy eerste besoek aan die Johannesburgse lykhuis:

“Niemand is binne toegelaat nie en ek het by ’n venster ingeloer en iets verskrikliks gesien. Moenie vra hoe dit lyk as ’n lykskouing gedoen word nie. Dit is nie vir aanskouing deur gewone mense nie. So, ek weet hoe Dick Prestwich voor sy floute gevoel het." (Dick is deur ‘n floute oorval toe hy ‘n opehart-operasie moes afneem. – Red.)

21.1.13

Ek sal julle nie "drop" nie

JEAN OOSTHUIZEN skryf: My heel eerste redakteur as joernalis by die destydse Hoofstad in Pretoria was PG du Plessis. Toe hy destyds uit die joernalistiek is en weg is by Hoofstad het hy die volgende stuk in Perskorhaan geskryf onder die opskrif  “Ek sal julle nie 'drop’ nie.” Dit sê nogal vir my iets van koerantmense en dit is seker daarom dat ek dit nog al die jare gebêre het. (PG verwoord juis dit wat K’rant aan die gang hou. – Red.)

PG het geskryf:

18.1.13

Dokter oorsee kyk na my spiere

RIKA VAN GRAAN, eertydse knap rolstoel-misdaadverslaggewer van Die Transvaler, het Maandag in K’rant vertel hoe dit met haar gaan. Klik HIER om dit te lees. In Maart 1973 het sy in Perskorhaan vertel van haar ervarings in Engeland, nadat sy op Perskor se onkoste daarheen is sodat van die beste neuroloë kon vas te stel wat die oorsaak van haar gestremdheid is.

17.1.13

Geluk en twee naamkaartjies besorg my ’n ‘scoop’

PIET EBERSÖHN skryf: ‘n Goeie skeut geluk en twee naamkaartjies het gehelp om my die een werklike "scoop’ te besorg wat my in my koerantdae te beurt geval het – Pretoria se boerebeleg van 29 Januarie 1991.

Die Konserwatiewe Party het destyds soveel stadsrade in Transvaal beheer, dat hulle hul eie vereniging van stadsrade op die been gebring het. Dié se jaarkongres is in die Skilpadsaal op die Pretoriase skouterrein gehou en
Gerhard Burger het my gestuur om te gaan verslag doen.

Terwyl ek tydens ‘n teepouse doelloos buite rondgedrentel het, het my koerantmansoor skielik ‘n gesprek opgevang.

K’rant kry subredakteur

K’rant het nog ‘n aanwins tot sy redaksie gekry.

Stella Niemand (née Fouché) sal voortaan K’rant se subredakteur wees. ‘n Meer geskikte persoon kon K’rant nouliks voor wens. Buiten dat sy meer as ‘n dekade lank joernalis was, was sy voor haar aftrede 15 jaar lank ‘n taalpraktisyn by ‘n groot versekerings- en finansiëledienstemaatskappy. Boonop, sê sy, help sy “met liefde”.

Uitstekend!

Kobie Breedt
PIET ROOS skryf: Moer! Ek moet julle geluk wens met die K'rant. Dis uitstekend, en die eerste ding wat ek soggens lees! Baie dankie vir die werk wat julle insit.

Dis 'n aangrypende storie oor Francois Roux!

Ek het verlede week gehoor Kobie Breedt, nou dominee op Nylstroom, se dogter het 'n breingewas. Sy is 27.

(Kobie was 'n verslaggewer by Die Vaderland in die vroeë 1970's. -- Red.)

16.1.13

"Ek kom amper tot 'n groot val!"

CARÉNÈ BOSHOFF skryf in Perskorhaan van Augustus 1973: Aardetjie tog, maar dit is hoog! Negentig voet bokant die grond. En onder my is daar net 'n dun ysterpyp en bokant die gebrul van 'n motorfiets se masjien.

Dit is hoe ek gevoel het toe ek onlangs gaan vasstel het watter gevare 'n sirkuskunstenaar alles deurmaak. Eintlik moes ek maar net gaan kyk hoe lewe die mense daar in die sirkus, maar toe besluit ek om sommer self te ondervind wat hulle ervaar.

15.1.13

Onvergeetlike Francois ’n kleurryke karakter

HERMAN LE ROUX, gewese assistent- en sportredakteur van Volksblad en later ook van Beeld skryf: Die “Reader’s Digest” het vir baie jare ‘n hoofstuk gewy aan “The most unforgettable character I have met.” Toe my nomadiese vriend, Francois Roux, Junior Springbok-vleuel van 1955 en oud-joernalis van Perskor, in 2008 op 78-jarige ouderdom oorlede is, het ek gedink dit is nogal ‘n raak beskrywing van hom.

14.1.13

Skoonmaker se wantrouestem maak opslae


RIKA VAN GRAAN, vroeër van Die Transvaler en wat uit haar rolstoel een van die land se knapste misdaadverslaggewers was, skryf: Ai, dit is te lekker om van julle te hoor en te lees! Ek het gesien ’n paar oudkollegas wonder oor my.

(Links: foto onlangs van Rika ontvang.  Regs: Rika in Maart 1973.)

11.1.13

"Ek gaan De Klerk fire. Jy moet oorvat"

Dit klink soos ʼn Vegkop-storie, maar te midde van al die destydse woelinge om Willem de Klerk het Marius Jooste eendag besluit hy gaan ʼn sportskrywer as redakteur van Transvaler aanstel. GERHARD BURGER vertel:

Die ou man het nie tyd gemors nie. “Sit!” het hy beveel. En toe ek op een van die kortpoot-stoele gaan sit, sê hy: “Ek gaan Willem de Klerk fire. Ek wil hê jy moet Transvaler oorvat.”

Hallo, my China -- So groet ons mense

Almal van ons het maar ons snaaksighede en gewoontetjies, maar as daar nou iets is wat mens laat glimlag, is dit die manier waarop die mense dagsê.

10.1.13

Tergende teleksraaisel uiteindelik ontrafel

DIRK BENADÉ, perdewedrenredakteur van Die Transvaler van 1977 tot 1987 (hy het Chris Oberholzer opgevolg), skryf: Dit was vroegaand op ‘n Vrydag – vroeg as jy wil begin drink en laat as jy nog nie begin het nie – toe die brandewyn-en-coke-gedagte (die eerste keer daardie bepaalde dag) my by die telekshoof van Beeld, Whitey Odendaal, laat beland het.

Ek ek het g’n benul hoekom ek dié watergat gekies het nie, maar Whitey

Fanie en die “force of (political) logic”

ANDRIES BOTHA skryf: Daar is voorvalle in die politiek wat 'n mens nie ligtelik vergeet nie, veral waar dit aankom op belangrike en vername mense wat grootse dade verrig. Onderstaande storie is altyd met smaak herroep deur Blaar Grobbelaar, 'n onvergelyklike meester van die kleinspraak.

Soos wat die gebruik onder politieke korrespondente was, het ek ook maar so