PAUL KRUGER skryf oor die talente van sy vriend en kollega, Thijs Nel, wat Saterdag oorlede is: Thijs was op sy dag kunsredakteur van Die Vaderland, toe die grootste dagblad in die RSA.Hy was ‘n kunstenaar van formaat en sy talente was oor ‘n wye front versprei, hy was skilder (verskeie suksesvolle kunsuitstallings deur die jare), hy was pottebakker, digter, kortverhaalskrywer, navorser en kenner van CJ Langenhoven se werk wat hy in ‘n omvattende boek saamgevat het.




