Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

3.3.20

Kotie van Heerden oorlede

KOTIE VAN HEERDEN, een van die stigtersbestuurslede van Rapport, is in die ouderdom van 80 aan nierversaking in Alberton oorlede.

Van Heerden, saam met die koerant se destydse hoofbestuurder, Tobie Boshoff, se grootste deurbraak om die koerant se sirkulasie in die 1970's te help bou, was waarskynlik die koerant se betrokkenheid by boks.

Boksgevegte het destyds gewoonlik op Maandagaande plaasgevind en vir Sondagkoerante help dit, soos Boshoff graag gesê het, "bok-se-stert".

Toe Gerrie Coetzee goed op dreef was om wêreldbokskampioen te word het Van Heerden Coetzee se bestuurder geword. Baie gou is Coetzee se gevegte na Saterdae verskuif net betyds vir Rapport se eerste uitgawe.

Van Heerden was later ook betrokke by die reël van die Rapport-fietstoer. Daarby was hy ook vir 'n wyle voorsitter van die nou vergane nuusdiens, Sapa.

Hy word oorleef deur sy vier dogters en tien kleinkinders. -- Rapport Weekliks, 1 Maart 2020.