Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

21.3.20

Wouter de Wet oorlede

Wouter de Wet, destyds Die Transvaler se kunsredakteur en vir dekades lank RSG se aanbieder van die programme “Dis Opera” en “Loof die Here” is op 9 Maart by sy huis in sy slaap oorlede.

Magdaleen Kruger, stasiebestuurder van RSG skryf: "Dis met hartseer dat RSG afskeid neem van ‘n geliefde omroeper, Wouter de Wet. Hy is vroeg vanoggend (9 Maart) by sy huis oorlede ná ‘n kort siekbed. Hy het kanker gehad.

Wouter se uitsaailoopbaan strek oor 52 jaar. Dit het begin nadat hy by Die Transvaler in Johannesburg gewerk het. Wouter was ook ‘n groot tennis-ondersteuner en het vir jare lank tennis van Wimbledon in Londen uitgesaai.
Wouter het in Desember 2019 finaal uitgetree".