Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

11.3.20

Western Transvaal Record palm trofee in

ENGELA (Badenhorst) KORKOWSKI skryf uit Duitsland hoe 1974 ‘n interessante jaar by die Western Transvaal Record was. Die WTR het destyds weekliks verskyn.

In Augustus 1974 het die Franse nasionale Rugbyspan met spelers soos Arturo Ortzabal en Denoit Dauga in die span, ‘n georganiseerde toer deur die opleidingsentrum van die Stilfonteinse myn gedoen en die Western Transvaal Record, het dié storie “eksklusief” gedek.

Die hoogtepunt daardie jaar was egter die toekenning van die Cronwright Trophy aan die blad, toe nog onder die regie van Isabella en Vince Carroll.

Hieronder is die Carroll-egpaar met die Cronwright-trofee. (Engela Korkowski (née Badenhorst) het vanaf Julie 1974 tot Maart 1978 by die Western Transvaal Record, verbonde aan Perskor, gewerk.)


(Die Cronwright-trofee word jaarliks toegeken aan die beste plaaslike of gemeenskapskoerant met 'n sirkulasie bo 10 000. -- Red.)