
PAUL KRUGER (destyds by Die Vaderland) skryf: Hierdie is die storie van die dag toe ek en fotograaf Gerrie Fourie oornag veldwagters van die destydse Natalse Parkeraad geword het.Dit het alles begin met ‘n kort beriggie oor die teisterende droogte in die noorde van Zoeloeland. Verskeie riviere wat in die St Luciameer uitmond, het heeltemal opgedroog met net hier en daar ‘n seekoeigat en ‘n verdwaalde kuil wat nog ‘n bietjie water gehou het.



