PIET ROOS skryf: Ek sien Anina Roux se foto hieronder en ek onthou in 1974 het sy in die woonstelblok neffens ons in Linden gebly. Ek en Marieta was pas getroud en het in Linden ingetrek.Ons wortels lê baie dieper. My skoonfamilie het op Vrede in die Vrystaat gewoon so 'n blok van die huis waar Anina en haar eks, Dick, gewoon het. Dick is later in die huis aangeval en vermoor.
![]() |
| Piet Ayers |
Ek het seker 80 % van hulle geken en hul gesigte onthou. Piet Ayers, die sagte ou wat vertel het dat hy vroeg begin loop het en op 9 maande ouderdom onder tafels deurgehardloop het.
![]() |
| AM van Schoor |
Ek kan nog sy slotwoorde elke Saterdagaand onthou: "Wat Rooi China gaan doen, sal ons volgende week sien. Goeie nag!"

