PHILIP DEETLEFS skryf: Hier by K'rant huldig ons die mening dat hierdie publikasie nie net lekker onthou-stories van oud-werknemers van Perskor en aanverwante publikasies bevat nie, maar dat dit ook 'n nuttige naslaanbron oor die geskiedenis van die joernalistiek en die drukkersbedryf in die era voor die heengaan van Perskor is.15.4.16
Blaas nuwe lewe in K'rant!
PHILIP DEETLEFS skryf: Hier by K'rant huldig ons die mening dat hierdie publikasie nie net lekker onthou-stories van oud-werknemers van Perskor en aanverwante publikasies bevat nie, maar dat dit ook 'n nuttige naslaanbron oor die geskiedenis van die joernalistiek en die drukkersbedryf in die era voor die heengaan van Perskor is.23.3.16
Die Vaderland se mooiste mevrou nou weer gekroon
18.3.16
Perskor-reunie beste in jare
PEET SIMONIS skryf: Die afgelope naweek se Perskor-reunie was een van die beste in jare.Meer as sestig oudkollegas van Perskor het by die Keg and Eagle in Johannesburg die geleentheid bygewoon.Daar is heerlik saam gekuier en geëet. Hans Lombard, wat eersdaags 90 word en nog op en wakker is, het almal vermaak met sy lekker stories uit sy joernalistieke dae.
Hy het wonderlike materiaal vir ´n boek. Toe iemand voorgestel het dat hy die staaltjies oor sy joernalistieke ervaringe moet boekstaaf, het dit groot byval gevind. (Volgende jaar se reünie is dalk net die plek om die boek bekend te stel, Hans? - Red.)
16.3.16
Skitterende reünie
![]() |
| Solly van Staden |
PIET ROOS skryf: Die Perskorreünie Sondag was skitterend.Groot was my verbasing toe ek my ou pêl, Solly van Staden weer raakloop. In 1973 het ons by Komatipoort gaan verslag doen oor die Portugese wat uit Mosambiek vlug.
Dit was die lekkerste trippie uit. Ek en Solly het op Komatiepoort gebly en tunaslaai geëet en op die brug by die Krokodilrivier gaan kyk na die vis en krokodille.
Dit was 'n trippie van twee dae, maar ons het 'n week gebly. Daar was feitlik geen foto's of kopie nie, maar ons het dit geniet!!
14.3.16
Vier rugbyspioene skrum ná 40 jaar saam
Vier veterane het nou die dag vir ʼn foto langs mekaar gaan sit, van links na regs, in dieselfde volgorde as op ʼn foto wat veertig jaar tevore in Nieu-Seeland geneem is. Dit was nogal ʼn heuglike geleentheid toe John du Toit, Wessel Oosthuizen, Herman le Roux en Gerhard Burger op John se plasie by Eikenhof, suid van Johannesburg, byeengekom het.
Die vier, wat verskeie internasionale toere saam meegemaak het, het ewe besadig ʼn wyntjie gedrink en toe saam met John se vrou, Colleen, en hul dogter Elmarie ʼn middagete geniet waaroor ʼn tydskrif-artikel geskryf kan word.
Die vier, wat verskeie internasionale toere saam meegemaak het, het ewe besadig ʼn wyntjie gedrink en toe saam met John se vrou, Colleen, en hul dogter Elmarie ʼn middagete geniet waaroor ʼn tydskrif-artikel geskryf kan word.
11.3.16
Klein Charles loop kaalbas weg om te gaan jag
![]() |
| Illustrasie |
Haar man, Charles, het haar vertel hoe hy in 1968 die voorblad van Hoofstad gehaal het toe hy as 4-jarige seuntjie van die huis in Villeria af weggeloop het met net sy rooi speedo aan en 'n jagmes om sy lyf. Hy is toe by Pretoria-stasie gekry waar hy vertel het dat hy op pad Suidwes (Namibië) toe was om te gaan bokke skiet!
Heleen wonder of daar 'n leser van K'rant is wat dalk die storie geskryf het? Sy wil baie graag ook die koerant opspoor waarin die berig verskyn het.
Kom ons kyk of ons vir Heleen kan help. Laat weet gerus vir K'rant as iemand iets hiervan kan onthou. - Red.)
10.3.16
Koos Botha onthou die flenters van die ewigheid
KOOS BOTHA het vir Die Vaderland gewerk tot Maart 1962, daarna elf jaar vir die SAUK-nuusdiens en toe weer 20 jaar vir Die Transvaler tot April 1993. Sy twee jongste kinders, Daan (25) en Ruth (20) is in Februarie 1993 in 'n padongeluk by Winburg dood. Hy het op 9 Februarie sy kinders gaan uitken op Winburg en in Bloemfontein. In die jare daarna het hy oor hul dood geskryf en sy boek daaroor, Flenters van die Ewigheid, het in Julie 2015 verskyn.Koos skryf: Ek het in die afgelope 23 jaar sedert die sluiting van Die Transvaler my hoofsaaklik met my boek en houtwerk, ook houtbeeldhouwerk, besig gehou. Ek het nog nie 'n bydrae vir K´rant gestuur nie. Hier is iets oor my boek.
9.3.16
Huldeblyk aan Marius Kleynhans
JOHAN PRETORIUS skryf: Om ‘n huldeblyk te lewer ná die dood van iemand anders wat jy baie goed geken het, moet jy uiteraard gaan sit en dink wat om te sê, en dit dan verwoord.Soms sukkel jy om genoeg karaktertrekke, eienskappe en prestasies van ‘n sekere mens te onthou, en om dit weer te gee sonder om hier effe te oordryf en daar bietjie aan te dik. Of om sekere dinge te onderbeklemtoon. Al is dit dan net om sy naasbestaandes te laat goed voel oor sy nagedagtenis.
25.2.16
Marius Kleynhans oorlede
K’rant berig vandag vir die tweede keer in enkele dae oor die afsterwe van ‘n oud-kollega. Dié keer is dit Marius Kleynhans (links) wat vroeër vir Die Transvaler oor die politiek verslag gedoen het. Hy het ook vir SAUK-TV uit die parlement verslag gedoen.
'n Private lewensviering word aanstaande week gehou. Dit kan slegs op uitnodiging bygewoon word.
'n Private lewensviering word aanstaande week gehou. Dit kan slegs op uitnodiging bygewoon word.
20.2.16
Johan van Wyk sterf
JOHAN VAN WYK (65), voormalige sportredakteur en deurwinterde atletiekskrywer van Rapport, het gistermiddag (19 Februarie) op kantoor in MediaPark, Johannesburg, inmekaargesak en gesterf.Hy het einde Augustus afgetree, maar het nog Vrydae en Saterdae vryskutwerk vir die koerant gedoen.
Johan het oor talle Olimpiese Spele verslag gedoen.
18.2.16
Soektog na Swazi se bont klippe
HAZEL CUTHBERTSON writes: I came across the K'rant blog today, and I wonder if you could help me?
I am trying to contact Gert Coetzee who had an article published in Die Vaderland on 10 June 1975. It was called "Ou Swazi se bont klippe op die kyk-kassie".
I am trying to contact Gert Coetzee who had an article published in Die Vaderland on 10 June 1975. It was called "Ou Swazi se bont klippe op die kyk-kassie".
5.2.16
Spring gou
Oud-kollegas moet gou spring om te bespreek vir Perskorreünie, 2016.
Die plekke word opgeraap. Vanoggend was nog net 31 oor.
2.2.16
Wie onthou vandag 26 jaar gelede?
GERHARD BURGER het die redaksie daaraan herinner dat dit vandag in 1990 was toe oud-president FW de Klerk sy opspraakwekkende toespraak tydens die opening van die parlement gehou het en wat die einde van apartheid beteken het.Gerhard wil weet wie van K'rant se lesers kan onthou waar hy daardie dag was en wat sy joernalistieke betrokkenheid was, indien enige? Ons sien uit na julle herinneringe. -- Red.
1.2.16
Reünie 2016: Geborg deur Dagbreektrust
PIET EBERSÖHN en LOUISE BLAKE skryf: Vanjaar se saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers (dis nou APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens) vind op Sondag 13 Maart 2016 by die restaurant Keg and Eagle, h/v Nic Diederichsboulevard en Hendrik Potgieterweg, Wilgeheuwel, Johannesburg plaas. Dis by die Lifestyle The Hub Crossing, langs die restourant waar ons verlede jaar vergader het. (Wesrand Retail Crossing.)Die ete begin stiptelik om 12:30. Kom van 11:30 af en kuier eers lekker saam. Daar is ‘n lekker kroeg. Ons gaan by dié geleentheid Hans Lombard se 90ste verjaarsdag (5 April) vier.
18.1.16
Die Vaderland voorspel sneeu vir die Laeveld
PIET ROOS skryf: Ons by Die Vaderland moes soggens die Weerburo skakel vir die voorspelling vir dag en aand.So skakel ek mnr Van den Berg by die Buro. Ek sê ek praat van Die Vaderland en wil graag die weervoorspelling kry.
"Hoekom vra jy my?", wil hy weet. "Gister skryf julle op die voorblad van sneeu in die Laeveld. Dis iets waarvan ons nie geweet het nie."
15.1.16
13.1.16
Niks (nie eens die feite) klop `n goeie kop
PIET EBERSöHN skryf: Destyds by die koerant het hulle mos graag geskerts dat `n mens nie die feite met `n goeie storie mag laat inmeng nie.Dit lyk my dit het ook `n goeie opskrif gegeld.
Met `n gesnuffel in eksemplare van Die Transvaler van 1951 het ek nou die dag op `n beriggie van twee paragrawe onder die opskrif “Transvaler wen” afgekom.
10.12.15
Al weer komkommertyd
Die afgelope jaar het toe vervlaks vinnig afgeloop.Op K'rant se terrein is die jaar gekenmerk deur uitgawes wat nie meer so volop was soos vorige jare nie, maar as 'n mens die gemiddelde ouderdom van gewese Perskor-werknemers in ag neem, is dit seker te verstane.
Hierdie is die laaste bydrae vir 2015 want daar is al 'n vrag komkommers wat al weer hard roep om geskil te word en dis immers die redaksie se taak. Indien die rusdae enige herinneringe uit die Perskor-dae wakker skud, pen dit asb neer en stuur aan vir die nuwe jaar.
Ons wens al ons lesers alles wat goed en mooi, vredevol en vreugdevol is, toe vir die feesdae. Ry voorspoedig en kom ongedeerd tuis.
26.11.15
Chris Vermaak mis sperdatum én die oorlog
KARIN PRETORIUS skryf: Ek het geweet as K'rant bietjie karring aan ons geheue gaan dit my aan een of twee stories laat dink wat ek nie andersins sou onthou het nie:i) die beste -- maar werklike -- verskoning vir ‘n sperdatum wat nie gehaal is nie en
ii) ‘n scoop vir jou koerant omdat die opposisie nie na jou wyse raad wou luister nie!
Op 10 Februarie 1981 -- bykans ‘n jaar ná onafhanklikheid in Zimbabwe -- is die Entumbane militêre kamp naby Bulawayo in ‘n slagveld omskep toe Zipra- en Zanla-magte van onderskeidelik mnr Joshua Nkomo en eerste minister Robert Mugabe slaags geraak het.
30.10.15
Nuuskierige toeriste by staatsleiers se nuuskonferensie
NIC VAN OUDTSHOORN skryf: Ek het Gustaf Pienaar se berig oor die nuuskonferensie van John Vorster en James Callaghan met belangstelling gelees want ek was ook daar.
Ek was destyds ('n ruk nadat ek by Landstem gewerk het) skakelbeampte vir Rhodes-universiteit en ook 'n korrespondent vir 'n paar Britse koerante.
Een van hulle het my laat weet van Callaghan se besoek en ek is toe vinnig van Grahamstad na Port Elizabeth.
Ek was destyds ('n ruk nadat ek by Landstem gewerk het) skakelbeampte vir Rhodes-universiteit en ook 'n korrespondent vir 'n paar Britse koerante.
Een van hulle het my laat weet van Callaghan se besoek en ek is toe vinnig van Grahamstad na Port Elizabeth.
Teken in op:
Opmerkings (Atom)





