PIET EBERSÖHN en LOUISE BLAKE skryf: Vanjaar se saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers (dis nou APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens) vind op Sondag 13 Maart 2016 by die restaurant Keg and Eagle, h/v Nic Diederichsboulevard en Hendrik Potgieterweg, Wilgeheuwel, Johannesburg plaas. Dis by die Lifestyle The Hub Crossing, langs die restourant waar ons verlede jaar vergader het. (Wesrand Retail Crossing.)Die ete begin stiptelik om 12:30. Kom van 11:30 af en kuier eers lekker saam. Daar is ‘n lekker kroeg. Ons gaan by dié geleentheid Hans Lombard se 90ste verjaarsdag (5 April) vier.
![]() |
| Hans Lombard word 90 jaar. |
- as voorgereg 'n Griekse slaai;
- as hoofgereg: stokvis in beslag, beesoondbraad, hoenderpastei, botterskorsie, roomspinasie, rys en sous;
- as nagereg roomys met sjokoladesous.
Padaanwysings:
Vanaf Pretoria – neem die N14 na Krugersdorp. Ry tot by eerste verkeerslig. Draai links. Dit word Hendrik Potgieterweg. Draai links in Nic Diederichsboulevard, etlike kilometers verder aan by Retail Crossing, Mr Price en groot M. By die eerste verkeerslig draai regs in FLORINWEG en volg aanwysings soos hierbo.
Ons het plek vir 70 mense. Mense wat bespreek en nie opdaag nie, sal verplig wees om die koste van die ete, R155 pp, aan ons te betaal. Eerste kom, eerste maal.
Die ete word geborg deur Dagbreektrust.
RSVP per e-pos na ebersohn@absamail.co.za of
bel Piet saans tussen 19:00 en 21:00 by (012) 333 8966.
Louise se nommer is (011) 888 4502.
Laat weet asseblief al u oudkollegas met wie u nog skakeling het. Waarom nie ‘n tafel uit eie kring bymekaar kry vir ‘n lekker kuier nie?
Daar word ook 'n beroep gedoen op dié wat saamrygeleenthede aan ander kan bied om dit te doen. Dié wat saamrygeleenthede het of soek, moet laat weet sodat ons kan sien hoeveel ons bymekaar kan uitbring. Hans Lombard sal vir Hermie en sy dogter gaan oplaai.
