PIET EBERSÖHN skryf: `n Sestigtal reüniegangers het vanjaar se kuier, wat weer soos die afgelope aantal jare deur die Perskortrust geborg is, by Forno Italiano in Wilgeheuwel, Johannesburg, bygewoon en die geleentheid benut om `n glasie op Hermie Hendriks te klink wat hoop om binnekort sy 90ste verjaardag te vier.Harald Pakendorf, gewese redakteur van Oggendblad en Die Vaderland, het die heildronk op oom Hermie ingestel.
![]() |
| Hermie Hendriks |
![]() |
| Harald Pakendorf |
![]() |
| Hans Lombard |
Die nuwe voorsitter van die Dagbreektrust, Theuns Eloff, afgetrede rektor van die Puk, het die geleentheid bygewoon en die aanwesiges ingelig oor die Trust se doelstellings en werksaamhede.
Die Trust (waarby Die APB-fonds ingelyf is) is ingestel om Afrikaans en die Afrikaanse media te bevorder en sy werksaamhede word in ooreenstemming hiermee bepaal.![]() |
| Theuns Eloff |
Om dié rede gaan die fonds hom sterk beywer vir die handhawing van die Afrikaanse skole wat al hoe minder word. Daar word in dié opsig ook klem op plattelandse skole gelê waar geld skaarser is.
![]() |
| Fotograaf Wessel Oosthuizen gee vir oom Hermie `n eksemplaar van sy pronkrugbyboek wat vier kilogram weeg en R3 500 kos. |
Eloff het die versekering gegee dat die borgskap van die Perskorreünie veilig is en dat die Trust voornemens is om inflasie by die bepaling daarvan in ag te neem.
Dat daar lekker gesmul, gekuier (onder meer op die wyn wat deur Jean Engelbrecht se Rust en Vrede-landgoed geborg is) en diep in die verlede gedelf is, is vanselfsprekend.
• K'rant plaas more foto's van die reünie.




