Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

10.3.15

Reünie 2015: Goeie en slegte nuus

Daar is goeie en slegte nuus oor die reünie vanjaar.

Eers die slegte nuus: In `n ongekende vlaag van belangstelling is al die geborgde plekke reeds opgeraap – selfs voor ons, soos normaalweg, `n tweede kennisgewing moes uitstuur en `n volle twee weke voor die geselligheid.

Die goeie nuus is dat laatslapers steeds teen betaling van R132 per persoon kan kom saam eet en kuier. Die wyn bly verniet.

Hier is die besonderhede vir die inbetaling -- nie later nie as Maandag 16 Maart. Stuur die bewys van betaling aan ebersohn@absamail.co.za, asseblief.

Bank – Absa
Takkode – 632 005
Rekeningnaam – Perskorhaan
Rekeningnr – 916 304 2251
Verwysing – jou noemnaam en van.

Sien julle by die reünie.