TOBIE MOSTERT, voormalige sportskrywer van Die Vaderland en Rapport, skryf: Die Springbokke het Saterdag 30 September in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein Suid-Afrika trots gemaak deur darem gelykop teen die Wallabies te speel - maar daar was 'n vreemde atmosfeer in die Vrystaatse hoofstad.SA joernalistiek en -sport het een van sy grootste seuns daardie dag verloor: Joe Venter (83).


