Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

28.6.16

Wille Martin oorlede

HERMAN LE ROUX skryf: Wille Martin is Sondag op 81-jarige ouderdom in Heidelberg oorlede. Sy was een van Suid-Afrika se mees produktiewe skrywers en het meer as 200 liefdesromans en jeugverhale geskryf.

Wille is in Bethulie in die Vrystaat gebore. Wille se moeder was die bekende vroeë Afrikaanse skrywer, Minnie Postma.

Sy het ná haar skoolloopbaan ’n BA-graad aan die Universiteit van die Vrystaat behaal.

Wille Martin
Daarna het sy as joernalis by Die Volksblad begin werk en ook begin kortverhale te skryf.

Sy waag in 1958 haar hand vir die eerste keer aan romans en het sedertdien al meer as 200 titels uit haar suksespen laat rol.

Wille het ook ’n tyd lank skoolgehou en by Die Vaderland en Die Transvaler gewerk en in 1983 "professioneel" begin skryf.