Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

10.6.16

Wat het van Jan van Vreden geword?

STOFFEL MYNHARDT skryf: Ek het K'rant pas vir die eerste keer onder oë gehad en lekker gelees oor al my destydse kollegas – en 'n traan gestort oor dié wat onlangs heengegaan het (onlangs ook Hans Lombard wat ek oor baie jare goed geken en beleef het).

Ek was in die jare sestig hoofsub by Die Vaderland, in die 70's nuusredakteur by Hoofstad voordat ek die openbare skakelwese en later korporatiewe uitgewery betree het.

In 2005 het ek afgetree en ek woon tans in 'n aftree-oord in Centurion. Ek is nog aktief en hoop om eersdaags self 'n paar bydraes oor die ou dae in te stuur.

Jan van Vreden
Vir die huidige sal ek graag wil weet wat van my byna lewenslange vriend en kollega, Jan van Vreden, die laaste redakteur van Hoofstad, geword het. Kan een van ons ander lesers dalk help?

(Foto's uit Perskorhaan Februarie 1972. Stuur gerus vir ons 'n nuwe een van jou, Stoffel. En beloftes maak skuld!) -- Red.)