HERMAN LE ROUX skryf: Wille Martin is Sondag op 81-jarige ouderdom in Heidelberg oorlede. Sy was een van Suid-Afrika se mees produktiewe skrywers en het meer as 200 liefdesromans en jeugverhale geskryf.Wille is in Bethulie in die Vrystaat gebore. Wille se moeder was die bekende vroeë Afrikaanse skrywer, Minnie Postma.
Sy het ná haar skoolloopbaan ’n BA-graad aan die Universiteit van die Vrystaat behaal.








