Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

7.11.12

Diplomatieke Tienie loop wye draaie en is getroud met 'n ouma!

TIENIE FOURIE skryf: Sedert ek in 1971/72 by Perskor weg is het my loopbaan wye draaie geloop. Ek is was onder meer joernalis by Beeld, boer in die Duiwelskloof-distrik en lid van die Suid-Afrikaanse weermag. Vir Nasionale Pers het ek 'n buro in Zimbabwe gaan open pas nadat Robert Mugabe aan bewind gekom het. Later was ek nuusredakteur by Beeld , maar is in 1986 'n kontrak by die Departement van Buitelandse Sake aangebied. As sulks het ek tot in 1996 diplomatieke poste in onder meer
Londen, New York en Wenen, Oostenryk, beklee.

Later was ek by die Raad vir Kernveiligheid in Pretoria, die Internasionale Rooikruis en weer by Nasionale Pers.

In 2001 het China my genooi om as joernalis die land te besoek. Terug in Suid-Afrika het ek vroeë aftrede by Nasionale Pers (waar ek Buitelandse Redakteur was) geneem en in 2004 China toe gekom. Sedertdien is ek 'n onderwyser/lektor in Engels asook 'n Engelse eksamineerder vir die British Council en die Universiteit van Cambridge.

By 'n skool in Beijing waar Tienie se 71e
verjaardag gevier is. Links is Elkarien, sy vrou.
Ek het my vrou woon deesdae in Beijing, nadat ek eers 'n wye draai in verskeie ander stede gegooi het.

Ja, dis 'n wye draai van Aucklandpark af, en soms wonder 'n mens waarheen die lewe jou nog gaan neem.

Ek het vier kinders: een is getroud met 'n Skot en woon in San Francisco, nog een met 'n Engelsman en woon in Brussel. My seun werk in Pretoria by die Departement van Internasionale Betrekkinge en my jongste dogter is in haar finale nagraadse studies by die Universiteit van Stellenbosch.

Ja, ek is lankal oupa, dis nie erg nie, maar ek is met 'n ouma getroud!

Nietemin, ons dink nou hard daaraan om maar terug te keer Suid-Afrika toe. Die probleem is dat China steeds die plek is waar ek goeie geld kan verdien... op 71.

'n Laaste woord, ek het langer by Nasionale Pers as Perskor gewerk, maar vergun by om te sê dat ek baie meer kollegialiteit (is dit die regte woord) by my Perskor-kollegas as die by Nasionale Pers s'n opgemerk het.

Intussen, groetnis uit 'n steeds kouer wordende Beijing. Eersdaags gaan dit sneeu en sal die temperatuur op sommige plekke minus 20 grade Celcius wees.

Dink aan ons!