Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

26.2.20

Carl Köhler oorlede

CARL KÖHLER, boksskrywer en voormalige assistent-sportredakteur van Die Vaderland, is Donderdag in die Hospitium in Houghton, Johannesburg oorlede. Hy het pankreaskanker gehad. Carl was 82.

Een van Carl se hoogtepunte in sy loopbaan was in 1973 toe hy die boksgeveg tussen Pierre Fourie en Bob Foster om die wêreld se ligswaargewigtitel in Albuquerque, New Mexico, VSA bygewoon het. ‘n Vertelling van hom is HIER.

Winnie, Carl se vrou, vertel dat hy baie danig was oor die feit dat hy reeds ‘n oupagrootjie van ‘n tweejarige dogtertjie was.

Ná Die Vaderland se sluiting was Carl sportskrywer by Rapport.

Gerhard Burger het die volgende van “King” Köhler laat weet: “Van al die manne saam met wie ek gewerk het, het hy dikwels die mees modieuse klere gedra. Hy het gereeld op onthale as die bes geklede man uitgestaan."

Philip Deetlefs beaam dit: “Ek onthou Carl was altyd ‘n netjiese ou wat jy omtrent deur ‘n ring kon trek. Goed versorgde man."

'n Gedenkdiens sal vir Carl gehou word. Reëlings is nog nie bekend nie.