PAUL KRUGER skryf: Hierdie verhaal uit Zoeloeland stam uit dieselfde tyd dat fotograaf Willie Havenga en ek die storie oor die argeologiese opgrawings in die Border Cave bo in die Lebomboberge gedoen het (lees HIER).Terug uit die berg ontmoet ons weer vir drywer Lynton met die Peugeot in die dorpie Ingwavuma en vertrek ons na die Ndumu-wildtuin van die destydse Natalse Parkeraad. Dit is op die grens tussen Zoeloeland en Mosambiek geleë.

