Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

15.2.18

Jaarfunksie op 25 Maart 2018

Die jaarlikse saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers (APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens) vind plaas op Sondag, 25 Maart 2018 by die Aucklandpark-rolbalklub, h/v John Adamsonrylaan en Jan Cilliersstraat in Montgomerypark, Johannesburg. Die ingang is in Jan Cilliersstraat

Die komitee (Harald Pakendorf (voorsitter), Aletta Pakendorf, Margaret Lombard en Louise Blake) het besluit om die funksie na ‘n plek met ‘n private funksiekamer te verskuif. Daar is veilige parkering onder groot koeltebome. Dankie aan Jakkie Groenewald wat die plek voorgestel het.


'n Padkaart van Google Maps is HIER.

Harald Pakendorf
Die ete begin stiptelik om 12:30. Kom van 11:30 af en kuier eers lekker saam. Daar is ‘n kontantkroeg.
Die buffet-ete bestaan uit 'n voorgereg van kerrievis, die hoofgereg is blatjang-hoender, beesrol, varknek, groenboontjies, pampoen, aartappels, rys en sous en as nagereg is daar vrugteslaai en roomys.

‘n Bottel rooi- en witwyn sal gratis per tafel verskaf word. Ekstra wyn en ander drankies, bier en koeldrank kan by die kontantkroeg bestel word. Koffie en gebottelde water is ook vir jou eie rekening.

Margaret Lombard
Ons sit by tafels van agt. Ons het plek vir 60 mense. Persone wat bespreek en nie opdaag nie sal verplig wees om die koste van die ete aan ons te betaal. Eerste kom, eerste maal.

Die ete word geborg deur Dagbreektrust.

AAUB teen 20 Maart 2018 per e-pos na margaret@neomail.co.za of lblake2@telkomsa.net of bel Margaret by 083 533 4829 of Louise by 082 472 2840 of 010 210 7381.

Laat weet asseblief al u oudkollegas met wie u nog kontak het. Waarom nie ‘n tafel uit eie kring bymekaar kry vir ‘n lekker kuier nie?

Daar word ook 'n beroep gedoen op dié wat saamrygeleenthede aan ander kan bied om dit te doen. Dié wat saamrygeleenthede het of benodig, moet laat weet sodat ons kan help.