GERT VAN ROOYEN skryf: Piet Ebersöhn, oud-Transvaler, die vader van K’rant en vir jare al die organiseerder van die Perskor-reünie, en sy vrou, Mariëtte, het toe die “groot Griekse stap” gedoen en aan die begin van November na die eiland Korfu verhuis.Hulle huur tydelik `n landelike woonstel in die Achilleo-omgewing, suid van Korfudorp terwyl hul huis opgeknap word.


