Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

19.2.15

Wie weet waar Stoffel Pienaar is?

QUENTEN HATTINGH (uitgewer) skryf: Kan K’rant ons asseblief help om met skrywer STOFFEL PIENAAR in verbinding te tree?

Ons kon vasstel dat hy lank assistent- en verhaleredakteur van sowel Rooi Rose as die Brandwag was, asook redakteur van Fleur. Hy was die skepper/skrywer van die gewilde Spioen Olaf Bouwer-reeks wat in die Brandwag, Dagbreek en Landstem verskyn het, en ook in Perskor se Olaf Bouwer-boekklub.

Sy Olaf Bouwer-strokiesverhaal, geïllustreer deur Len Lindeque, het weekliks in Dagbreek en Landstem verskyn.

Aangesien ons maatskappy (Wentzel-Hattingh Publikasies) beoog om van Olaf Bouwer se treffers te herpubliseer, sal ons dit op prys stel indien u ons asselief kan help om met Stoffel Pienaar, of van sy erfgename, in verbinding te tree.