Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

1.8.14

Boom slinger oor Dirk se pad

DIRK BENADÉ skryf: Destyds, ná n goeie dag weddenskapsgewys by die perderenbaan en 'n vreemde klein wit pilletjie op die verkeerde tyd gesluk om my gestel te laat herstel, is ek op pad terug kantoor toe met Perskor se Volkswagen Passat.

Die uitwerking van die wit pilletjie was toe om my onverwags en agter die stuur van die Passat aan die slaap te sus. Net toe ek aan die slaap raak, het 'n yslike groot boom voor my oor die pad gestap met gewelddadige gevolge.

Toe ek wakker word, was my heel eerste gedagte dat ek dadelik by 'n paneelklopper moet uitkom want dis die koerant se motor wat nou so lyk.


So verniel jy 'n Passat en lewe om die verhaal te vertel met 'n handvol gebreekte ribbe, been uit sy potjie en 'n paar snye wat toegewerk moet word en ses weke se siekteverlof in Hillbrow se ou Algemene Hospitaal.

Om die dag se moeilikheid te kroon het die polisie by die ongelukstoneel al my geld en klere gesteel. Ja, destyds al het hulle so gemaak!