Die mooie Candice Abrahams is in Oktober 2015 as Mev Suid-Afrika en nou die dag as Mev Wêreld gekroon. Maar dis vergete dat die eerste Mev Suid-Afrika-wedstryd 46 jaar gelede deur Die Vaderland aangebied is. Dit was ‘n groot sukses.
PEET SIMONIS skryf: Die afgelope naweek se Perskor-reunie was een van die beste in jare.Meer as sestig oudkollegas van Perskor het by die Keg and Eagle in Johannesburg die geleentheid bygewoon.![]() |
| Solly van Staden |
PIET ROOS skryf: Die Perskorreünie Sondag was skitterend.![]() |
| Illustrasie |
KOOS BOTHA het vir Die Vaderland gewerk tot Maart 1962, daarna elf jaar vir die SAUK-nuusdiens en toe weer 20 jaar vir Die Transvaler tot April 1993. Sy twee jongste kinders, Daan (25) en Ruth (20) is in Februarie 1993 in 'n padongeluk by Winburg dood. Hy het op 9 Februarie sy kinders gaan uitken op Winburg en in Bloemfontein. In die jare daarna het hy oor hul dood geskryf en sy boek daaroor, Flenters van die Ewigheid, het in Julie 2015 verskyn.
JOHAN PRETORIUS skryf: Om ‘n huldeblyk te lewer ná die dood van iemand anders wat jy baie goed geken het, moet jy uiteraard gaan sit en dink wat om te sê, en dit dan verwoord.