Dis weer tyd vir lekker kuier by ons volgende reünie van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers (dis nou APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens). Die reëlingskomitee, onder leiding van voorsitter Harald Pakendorf en bygestaan deur sy gade Aletta, Louise Blake en Madelaine Page, het besluit om vanjaar weer ‘n funksie by dieselfde restourant as tevore – die Irish Rock - te hou.
Die saamtrek vind op Sondag, 25 Mei 2025, plaas. Die ete begin stiptelik om 12:30. Kom van 11:30 af en kuier eers lekker saam. Daar is ‘n kontantkroeg. Die Irish Rock se buffet bied bief bourguinon, oondgebraaide hoender, rys, patats, roomspinasie, geelwortels en Griekse slaai. Vir nagereg, sjokolade bruintjie en roomys, of malvapoeding en vla.