Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

11.12.18

Om 'n komkommer te skil

REDAKTEUR PHILIP DEETLEFS skryf:  Dis reeds weer daardie tyd van die jaar wat die komkommers volop is en die nuus skraps.

By K’rant is dit na al die jare se ywerige bydraes nou eintlik heeltyds komkommertyd. Die stories wat ons kon onthou is geskryf en die wat nog nie geskryf is nie, kan ons nie meer onthou nie?

K’rant se redaksie sal vroeg in die nuwe jaar weer gereed staan om enige storie wat by ons aanland die nodige aandag te gee. Voor dan kan ons lesers steeds stories instuur en wie weet, dalk beland die storie op die voorblad voor 2019 sy kop uitsteek!

Ons wens al ons lesers ‘n vreugdevolle Kerstyd toe en hoop almal kom veilig by hul vakansiebestemmings aan en weer tuis. Voorspoed en goeie gesondheid vir 2019 wens ons almal toe.