Sedert K'rant se totstandkoming op 1 Junie 2012 (amper 20 maande terug) het ons elke weekdag 'n nuwe storie geplaas. Om dié pas vol te hou, het ons jóú storie nodig. Deel jou storie met oud-kollegas, hetsy jy 'n redaksielid, advertensiewerwer, lettersetter, sekretaresse of baas was.